Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Ostrich & the Egg

Apr 10, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids bars uit sy nate met oulike Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland! Nou hoef jy nooit weer te wonder waar jy ’n crème soda of ’n pakkie Eet-sum-mor-koekies gaan koop nie. Daar is lieflike restaurante wat Suid-Afrikaanse disse voorsit en ons het selfs Afrikaanse kerkdienste gelys. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings uit die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit Ostrich & the Egg in Melbourne, Victoria, Australië.

Ostrich & the Egg is ’n familiebeheerde Suid-Afrikaanse eetplek met ’n fokus op ikoniese straatkos en Kaaps-Maleise koesisteroliebolle.

Ons “Suid-Afrikaanse kombuis en kroeg” is ’n gemaklike, informele eetervaring, gevul met ’n goeie gevoel en Suid-Afrikaanse humor.

Ons missie is om ’n ervaring sinoniem met kombuise in Suid-Afrika te dupliseer en te bied deur hierdie onvergelyklike geure van speserye en bestanddele. Ons gaan jou op ’n handgemaakte, eenvoudige reis neem met jou smaakkliere. Ons werk in ’n klein oop kombuis, net soos jy by die huis sou, deur van saamgeraapte kooktegnieke gebruik te maak waar alles intern voorberei word.

So gepraat van kombuise, dit is ’n plek in die huis waar sowel vriende as familie uithang en daagliks stories en ervaringe deel oor ’n koppie tee en ’n bord kos, so ons nooi jou om dieselfde te doen.

Terug na die kos – ons spyskaart is klein, maar weer eens is die fokus op die ikoniese Suid-Afrikaanse disse ons doelwit en ons wil dit vir eers só hou, terwyl ons vir so veel as moontlik fynproewers die geleentheid gee om dit te geniet. Ons het ook nie veel “gemoderniseerde” of “geïnspireerde” disse nie, want ons glo dit is belangrik om eers die oorpronklike dis te leer ken.

Uiteindelik streef ons daarna om Suid-Afrikaanse geure aan Melbourne se opkomende fynproewers bekend te stel. Dag vir dag, dis vir dis.

Besoek Ostrich & the Egg se webtuiste hier

Besoek Ostrich & the Egg se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest