Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Out of Africa Restaurant and Kudu Bar

Apr 3, 2019

As jy wonder hoe jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse produkte gaan kry wanneer jy nie meer in Suid-Afrika is nie dan is jy nou op die regte plek. Wêreldwyd se Wêreldgids het ‘n hele databasis van ondernemings in die buiteland wat dit hul doel gemaak het om die beste van Suid-Afrika na al die uithoeke van die wêreld te bring. Daar is winkels, restaurante, kerke en selfs dokters, rekenmeesters en prokureurs op ons gids gelys. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming om in die Kollig te verskyn, hierdie week kyk ons na Out of Africa Restaurant and Kudu Bar in Kuala Lumpur.

Out of Africa is in 1995 gestig deur Suid-Afrikaners, Dave en Debby Solomon. Die outentieke disse en lewendige swembad atmosfeer maak dit ‘n moet-sien bestemming in Kuala Lumpur.

Die Kudu-kroeg is ‘n rookvrye omgewing waar jy kan ontspan en wêreldklas mengeldrankies geniet. Hier is die televisie altyd ingeskakel op rugby, krieket, Formule 1, MotoGP of sokker sodat jy op hoogte kan bly van jou span se vordering.

Ons bied ook funksies aan. Jy kan kies tussen die restaurant en die Kudu-kroeg. Die restaurant het kapasiteit vir 150 mense en die Kudu-kroeg vir 50 mense. Gee jou funksie ‘n tikkie Afrika-flair in Kuala Lumpur. Al ons kos word self voorberei en is halaal.

Besoek Out of Africa se webtuiste hier

Besoek Out of Africa se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest