Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is eie in sy soort, hier kom Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op die gids om in die kollig te verskyn, hierdie week kyk ons na Ozrica Foods in Australië.

Ozrica Foods is gestig in November 2015 deur Johnny Laing nadat hy ‘n behoefte vir kwaliteit Suid-Afrikaanse versnaperinge teen bekostigbare pryse identifiseer het.

Hulle fabriek in Redland Bay, Queensland, spesialiseer in biltong, droëwors, Suid-Afrikaanse-styl vleissnitte, gemarineerde produkte, Texan steaks en boerewors. Hulle het ook ‘n groot verskeidenheid ingevoerde goedere soos Mrs. Ball’s blatjang, All Gold tamatiesous, Ouma beskuit en koeksisters aan.

Besoek Ozrica se webtuiste hier

Besoek Ozrica se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest