Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Reisgenoot

Jun 28, 2022

Reisgenoot is ’n klein onderneming wat boutique-reisdienste aan ons kliënte bied, insluitende vlugte, toere, bootreise en hotelle regoor die wêreld. Jy kan jou soektog en bespreking aanlyn doen net wanneer dit jou pas, terwyl ons bedrewenheid en ondersteuning jou stap vir stap help. Kontak my vir ’n kwotasie of vir raad oor behoeftes wat jy het rakende toekomstige reisplanne, ek help graag. – Rankin le Roux

Ons diens is tweeledig. Ons integreer ’n seepgladde aanlyn soekenjin met pasgemaakte professionele reisdienste om vir jou die beste aanlyn soektog te bied vir vlugte, akkommodasie en bootritvakansies, terwyl daar altyd ’n persoonlike reisdeskundige is om te help.  

Reisgenoot is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Kleinsakeondernemings kan AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid waar ’n mens kan tuis voel en ou gunstelinge kan geniet in ’n nuwe omgewing!

AfriForum Wêreldwyd maak jou wêreld klein en jou netwerk groot.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest