Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: René de Lange Homeware

Aug 12, 2020

Die Wêreldgids is dié bymekaarkomplek vir Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op die gids om in die kollig te verskyn. Hierdie week is dit René de Lange Homeware.

Kuns is kos vir die siel. Die regte soort kunswerk kan jou bui verander en veroorsaak dat jy jouself met nóg meer kunswerke wil omring. Dit is presies hoe ons voel as ons na René de Lange se kunswerke kyk.

René de Lange is al van kindsbeen ’n kunstenaar: Sy skryf op haar webblad dat sy sommer op haar ma se mure sou teken as sy vir lank genoeg alleen gelos is. Toe sy ouer word, het haar liefde en passie vir kuns verder verdiep. Dit is ook die pad wat sy vir haarself ná skool gekies het deur ’n MA-graad aan die Royal College of Art te verwerf.

René is ‘n groot aanhanger van die wabi-sabi-filosofie: om die skoonheid te vind in dit wat nie perfek, permanent of volledig is nie. Om pret te hê, gaan hand aan hand met kunsskepping, en René glo dat die energie en vreugde wat sy gebruik om haar kuns te skep vreugde haar kliënte se huise oordra na.

Maak jou wêreld mooi en bederf jouself met ‘n paar kunswerke uit René se versameling. Daar is slegs 30 afdrukke van elke kunswerk beskikbaar, wat dit nog meer uniek maak!

Besoek René de Lange Homeware se webblad hier.
Besoek René de Lange Homeware se profiel op die Wêreldgids hier.
Lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest