Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Rusky Business

Apr 15, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is die beste plek vir Suid-Afrikaners in die buiteland om met Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland in kontak te kom. Hier is winkels wat Suid-Afrikaanse gunstelinge verkoop, kerke wat dienste in Afrikaans aanbied en ook dokters, prokureurs, motorwerktuigkundiges en nog baie meer – alles en almal so reg uit Suid-Afrika uit. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit Rusky Business in die VSA se beurt.

Daar is min dinge wat “vinnige ontbyt” sê soos ‘n heerlike stukkie beskuit, dit is iets wat ons as Suid-Afrikaners maar net te goed ken. Dit is ook een van die goed wat baie Suid-Afrikaanse ekspats na verlang – want biscotti is darem net nie dieselfde nie.

Rusky Business het begin as ‘n guns. As jy ‘n bo-baas bakker is en ‘n vriend vra vir beskuit, dan bak jy maar. Daarom skryf die eienaar van Rusky Business dat haar onderneming min of meer dieselfde begin het as Ouma Greyvenstein (Ouma Beskuit) s’n. Nadat ‘n vriend gevra het sy moet vir hom beskuit bak het sy die res verkoop aan ander Suid-Afrikaners in haar omgewing – die oorblywende ses dosyn beskuit het binne vyftien minute uitverkoop!

Vandag spog Rusky Business met verskillende geure beskuit en selfs t-hemde met Suid-Afrikaanse sê-goed.

As jy in die VSA woon en jy verlang na heerlike tuisgebakte beskuit dan kan jy dit aanlyn by Rusky Business bestel.

Besoek Rusky Business se Facebookblad hier

Besoek Rusky Business se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest