Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Saffaland

Mei 1, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids is enig in sy soort! Ons gids is propvol trots Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland. Jy kan jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte kry en terselfdertyd ondersteun jy ’n onderneming in Suid-Afrikaanse besit in jou omgewing. Elke week kies ons by Wêreldwyd een onderneming om in die Kollig te verskyn – hierdie week is dit Saffaland.

Saffaland maak T-hemde met pittige eg Suid-Afrikaanse sêgoed op. Jy voel sommer tuis sodra jy die hemp oor jou kop trek en nou kan jy jou trots op jou mou dra. Saffaland se T-hemde word van hoëgehaltemateriaal gemaak om te verseker dat jy dit sommer vir baie jare kan dra.

Saffaland bied gratis koerierdienste in die VSA, maar hulle versend hul hemde regoor die wêreld!

Saffaland beskryf hulself soos volg:

“SAFFALAND?” vra jy miskien. Suid-Afrikaners staan algemeen as ‘Saffas’ bekend en maak hul tuiste enige plek ter wêreld. Saffaland is iewers tussen Suid-Afrika en die buiteland, waar ook al jy jouself bevind. Saffaland word in ons Suid-Afrikaanse kultuur gevind. Saffaland T-hemde mik om aan jou hartsnaar te trek … om jou te herinner aan die liefde vir ons land, ons kultuur en ons taal. Geniet ’n oomblik van nostalgie, grappigheid of gekskeer wanneer jy hierdie T-hemp dra.

Besoek Saffaland se webtuiste hier
Besoek Saffaland se Facebookblad hier
Besoek Saffaland se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest