Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Savanna Adventurers

Sep 13, 2021

Om in ’n nuwe land aan te pas is ’n uitdaging, gelukkig is Wêreldwyd hier om jou te help. Word deel van ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na sonskyn, braaivleis en ’n omgeedrukkie van ’n familielid te veel raak.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Jy kan jou onderneming gratis lys op Wêreldwyd se interaktiewe gids. Op die manier kry jy die nodige blootstelling om deel te word van ’n wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Savanna Adventurers in die Verenigde Koninkryk.

’n Afrika-geïnspireerde klerereeks wat ’n plesier is vir klein avonturiers om te dra. Hulle eerste ‘Wild at Heart’-reeks word geïnspireer deur magiese Afrika en die diere wat in die savanna rondswerf. “Die klere is nie vir ons net stukkies materiaal nie, maar eerder stukkies van ons hart en oorspronklike tuiste geplaas op wonderlike klerekasnoodsaaklikhede waarin jou kleingoed hulle eie avonture kan ervaar.”

Kontak Savanna Adventurers:
E-pos: info@savannaadventurers.co.uk
Klik hier om Savanna Adventurers op Facebook te besoek.
Klik hier vir Savanna Adventurers op Wêreldwyd se Wêreldgids.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest