Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Sweets & Treats

Feb 5, 2019

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos koeksisters en melktert! Op die Wêrelgids kry jy alles wat jy moontlik kan nodig hê om tuis te voel in ‘n vreemde land. Ons wys vir jou waar jy biltong, boerewors, melktert, koeksisters en nog baie meer kan kry, jy kan selfs ‘n dokter of rekenmeester opspoor wat jou in Afrikaans kan help! Ja, ons het werklik alles onder die Afrika son.  Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op die Wêreldgids om in die Kollig te veskyn, hierdie week se ondernming gaan sommer jou mond laat water, Sweets & Treats in Dubai.

Sedert Sweet & Treats ‘n paar maande gelede op die gids gelys is het hulle net nog meer uitgebrei en het hulle nou ‘n groter verskeidenheid as ooit! By Sweets & Treats kan jy al jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye in Dubai sommer onder een dak opspoor. Dink aan enige spesiale geleentheid, soos Valentynsdag of ‘n verjaarsdag en jy kan maar weet dat jy iets spesiaals en liplek-lekker by Sweets & Treats gaan kry. Jy kan selfs nou verjaarsdagkoeke by hulle bestel en spesiale versoeke gee vir ‘n geleentheid, soos die klient wat mini-koeksisters in klein bakkies laat verpak het vir ‘n partytjie.

So of jy nou jou eie soettand wil bevredig of ‘n soetigheid met Suid-Afrikaans flair aan ‘n spesiale geleentheid wil verleen, jy sal beslis kry waarna jy soek – en so bietjie ekstra, by Sweets & Treats.

Besoek Sweets & Treats se webtuiste hier

Besoek Sweets & Treats se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest