Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Tannie Stienie se Kombuis

Aug 14, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek! Dit is so eg Suid-Afrikaans soos melktert eet en koffie drink by Ouma se huis op ‘n Sondag. Ons gids het die besonderhede van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland, soos restaurante waar jy ‘n warm bord boerekos kan eet, winkels waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse produkte kan koop, professionele dienste kan kry in Afrikaans en selfs Afrikaanse kerkdienste! Elke week kies ons by Wêreldwyd een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Tannie Stienie se Kombuis in Nederland.

Tannie Stienie se Kombuis is begin deur twee skoonsusters wat albei op klein dorpies in Suid-Afrika groot geword het. Nadat hulle hulself in Nederland bevind het, het hulle besef dat hulle verlang na ‘n egte melktert en malva poeding, geurige boerewors en ander Suid-Afrikaanse tuisgemaakte lekkertes. Nou het hulle, hul liefde vir lekker Suid-Afrikaanse kos na hul nuwe tuiste in Nederland gebring en staan hulle vir geen een terug nie!

As jy ook in Nederland is en jou mond al water net aan die gedagte van ‘n heerlike melktert dan hoef jy nie verder as Tannie Stienie se kombuis te soek nie. Maak ‘n draai op hulle webtuiste en koop na hartelus al die lekker kos en nagereg wat jou hart begeer!

Besoek Tannie Stienie se Kombuis se webtuiste hier

Besoek Tannie Stienie se Kombuis se Facebook-blad hier

Besoek Tannie Stienie se Kombuis se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest