Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Touch of Africa

Jul 29, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is hier om dit vir jou makliker te maak om in ‘n nuwe land aan te pas. Waar kan jy al jou Suid-Afrikaanse gunstelinge koop, kerkdienste in Afrikaans bywoon of Afrikaans met jou dokter gesels? Al die antwoorde is op die Wêreldgids: Kom maak dus ’n draai. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van hierdie ondernemings om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming is Touch of Africa, ’n bed-en-ontbyt-gastehuis in Australië.

Skop jou skoene uit en ontspan by Touch of Africa, ’n lieflike eenslaapkamergastehuis in die suidwestelike deel van Wes-Australië. Jy sal sommer dadelik tuis voel hier! Touch of Africa is loopafstand van die strand en sowat 15 minute se ry van verskeie besienswaardighede, restaurante, wynplase en ander strande. As jy ver van die huis af is, beteken dit nie dat jy nie moet tuis voel nie – en by Touch of Africa sal dit maklik vir jou kan voel asof jy by die huis is met gehaltegasvryheid soos jy dit ken!

Het jy ’n gastehuis of Airbnb in die buiteland? Lys jou gastehuis gratis op die Wêreldgids.

Besoek Touch of Africa se profiel op die Wêreldgids hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest