Leesvordering:

Onderneming in die kollig: VBase Digital

Mar 9, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk tot stand gebring om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar te verbind sodat jy Suid-Afrikaanse sakeondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming wat in die Wêreldgids gelys is om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek kom VBase Digital aan die beurt.

VBase Digital voorsien doeltreffende bemarkingsdienste aan kliënte in die Europese Unie, die VSA en Asië-Pasifiese Gebied om hul ondernemings uit te bou. Ons identifiseer kliëntkwelpunte, bied strategieë vir elk van die raakpunte in die kliënte-ervaring en identifiseer maklik bekombare inkomstestrome wat ’n onmiddellike impak op jou onderneming kan hê en kan help om langtermyninkomste te bewerkstellig.  VBase Digital is ’n digitale bemarkings- en aflandige talentoplossingsagentskap wat ’n span van ervare digitalebemarkingskenners met bemarkingoutomatiseringstegnologie kombineer om kliënte van vollediensoplossings te voorsien. Dit is bekostigbaar en toeganklik: Ons ligging in Suidoos-Asië stel ons in staat om laer koste en toeganklikheid aan kliënte deur te gee, gerugsteun deur aanpasbare, pasgemaakte digitale oplossings.

Ons werk met ondernemings van regoor die bedrywe en van alle groottes en inkomstemodelle om hul aanlyn teenwoordigheid en handelsmerkboodskap te vernuwe, en om hul teikengehore te betrek.

Of jy nou leidrade wil genereer, jou verkoopstregter wil uitbrei, handelsmerkbewustheid wil skep, jou soekenjinoptimering wil maksimeer of jou teikengehoor wil beïnvloed – ons ontwikkel pasgemaakte oplossings wat op jou unieke ondernemingsbehoeftes geskoei is.

Ligging:

Singapoer –Keppelweg 19, #03-07, Singapoer 089058

Viëtnam – Derde vloer, Nguyen Dinh Chieuweg 27B, Da Kao, Distrik 1, Ho Chi Minh Stad

Klik hier om VBase te kontak.

Klik hier om VBase via Facebook te kontak.

Klik hier om VBase op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest