Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Wilmari Crouse Photography

Aug 23, 2021

Dit is ’n uitdaging om in ’n nuwe land aan te pas. Alles is anders, en dit kan nogal ’n avontuur word om jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte op te spoor. Gelukkig is Wêreldwyd hier om jou te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek. Hier kan jy verskeie Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld opspoor, wat ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland vorm. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Wilmari Crouse Photography in die Cayman-eilande.

Wilmari vang liefde en verbintenis vas. Sy glo ware skoonheid lê in die ware en rou alledaagse oomblikke. Sy wil hierdie oomblikke vir haar kliënte verewig met die hoop dat dit soos visuele liefdesbriefies sal wees wat hulle vir altyd aan hierdie seisoen in hul lewens sal herinner.

“Ek floreer daarop om tydlose and aangrypende fotos vas te vang wat JOU op ’n pragtige wyse vier. My doel is dat elke kliënt sal wegstap en geliefd sal voel – asof hulle nou net ’n nuwe vriendskap gesmee het. Laat ek jou storie verewig op die manier waarop dit verdien om vertel te word.”

Kontak Wilmari Crouse Photography:

E-pos: wilmaricrouse@gmail.com

Klik hier om Wilmari Crouse Photography op Facebook te besoek.

Klik hier vir Wilmari Crouse Photography op Wêreldwyd se Wêreldgids.

 

LEES OOK: Onderneming in die Kollig: Boekwurm.com.au

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest