Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Yebo Beach Haus

Mei 22, 2019

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos melktert en pannekoek by ’n kerkbazaar. Hier bring ons Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland saam onder een dak om dit vir ekspats maklik te maak om al hul gunstelingprodukte en -dienste te kry, ongeag waar hulle is. Daar is Suid-Afrikaanse winkels, slaghuise wat spesialiseer in biltong en boerewors, Suid-Afrikaanse dokters, prokureurs en rekenmeesters, Afrikaanse kerkdienste en nog baie meer. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week val die kollig op Yebo Beach Haus in Atlanta, Georgia.

Suid-Afrikaanse kos is ’n baie wye begrip: dit kom van Nederland en Maleisië, gemeng met ’n bietjie Franse en Portugese kookkuns en met wonderlike kleure uit Indië. Suid-Afrikaanse kos is die beliggaming van samesmelting – hoekom kan Amerikaanse kos dan nie ook ’n Suid-Afrikaanse geurtjie kry nie? Yebo Beach Haus is die prefekte balans tussen gewilde Amerikaanse disse en bekende Suid-Afrikaanse geure. Yebo Beach Haus beskryf homself natuurlik die beste:

Yebo Beach Haus versmelt Suid-Afrikaanse geure met Amerikaanse kookkuns. Hierdie buurtrestaurant en kroeg in die hart van Buckland bied ’n vars benadering tot die kuslewenstyl. Met ’n verskeidenheid strandtonele vanuit die eetsaal en kroeg op die ruim patio bied elke area die perfekte plek om kreatiewe skemerkelkies en klein geregte vir die tafel te geniet. Van Desember tot Februarie omvorm die restaurant homself in Yebo Ski Haus met ’n heeltemal nuwe spyskaart en die atmosfeer van ’n skilodge vir die lekkerste kuierbelewenis, insluitend opelugvuurmaakplekke, dennebome, stoele met komberse en kussings en ’n spyskaart wat op geriefskosse fokus.

Besoek Yebo Beach Haus se webtuiste hier.

Besoek Yebo Beach Haus se Facebook-blad hier.

Besoek Yebo Beach Haus se profiel op die Wêreldgids hier.

Lys jou onderneming hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Akademia betree vanjaar ʼn nuwe groeifase. Die akademiese jaar het op ʼn hoë noot begin deur onder meer die ingebruikneming van ʼn bykomende voltydse kampus in Centurion asook die bekendstelling van twee splinternuwe koshuise. Hiermee saam is die instelling, wat vanjaar...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest