Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Your Biltong Buddy

Jun 10, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos kerrie en rys by ’n kerkbasaar. Van biltong en braai tot dokters en motorwerktuigkundiges – hier skep ons ’n netwerk van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings in die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Your Biltong Buddy in Australië.

Your Biltong Buddy is die onderneming van Alan en Elsa, beide Suid-Afrikaners met ‘n natuurlike liefde vir biltong, jerky en boerewors. Maar jy hoef natuurlik nie ‘n Suid-Afrikaner te wees om die pure lekkerte van biltong en boerewors te genie die, dit is vir almal!

Your Biltong Buddy se winkel in Boondall het ‘n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse lekkernye en voedselprodukte. Alan en Elsa is ook in die proses om ‘n webwerf op testel sodat jy al jou gunstelinge sommer aanlyn kan bestel. Maklik en gerieflik.

Geniet ‘n koppie koffie by hulle winkel en proe ‘n paar van hulle produkte voordat jy koop!

Besoek Your Biltong Buddy se Facebookblad hier

Besoek Your Biltong Buddy se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest