Leesvordering:

Ontdek dié Suid-Afrikaanse argitektoniese meesterstukke

Okt 7, 2021

Die NG Kerk: Ons erfenis is saamgestel deur Philippe Menache en Helmut Wolff, twee liefhebbers en bewonderaars van die unieke en uitsonderlike argitektuur van NG kerkgeboue in Suid-Afrika. Nagenoeg 130 kerke is in hierdie bundel saamgevat – sommige in mindere  en ander in meerdere detail.

Tesame met foto’s van meesterlike kerkgeboue, sluit die boek ook ander feitelike inligting rakende die geboue in, naamlik ’n beskrywing van die betrokke dorp, die kerk se ligging, ouderdom, argitektoniese styl en uiteensetting in die gebou self. Dié juwele word herontdek in ’n landskap wat dikwels te midde van grootskaalse ontvolking van die platteland én toenemende armoede, steeds staande bly, hoewel dit in sekere gevalle ook al tekens van verval toon.

Kerkliefhebbers én dié wat die argitektoniese wonder van kerke waardeer, sal die inhoud van dié koffietafelboek verslind. Nou beskikbaar in Kraal Uitgewers se veilige aanlyn winkel teen slegs R270. Klik hier vir meer inligting.

 

 

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest