Versoekskrif aan internasionale beleggers en regerings

AfriForum gaan ’n versoekskrif aan internasionale beleggers en regerings oorhandig waarin hulle versoek gaan word om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om af te sien van die plan om eiendom sonder vergoeding te onteien. Dít volg op die mosie wat onlangs in die parlement aanvaar is ingevolge waarvan die onteiening van grond sonder vergoeding in beginsel goedgekeur is. Daar is ook ’n komitee saamgestel wat teen Augustus 2018 aan die parlement terugvoer moet gee oor hoe artikel 25 van die Grondwet – wat die reg behels om privaat eiendom te besit – gewysig moet word om aan dié mosie gehoor te gee.

Indien nodig, sal AfriForum hierdie mosie tot in die raadsale van die Verenigde Nasies beveg.

Hoe meer mense die versoekskrif onderteken, hoe groter gewig dra dit. Voeg jou naam by die versoekskrif en vra jou vriende en familie om dit ook te doen. Indien jy die versoekskrif onderteken, sal AfriForum jou ook van verdere verwikkelinge in hierdie verband op hoogte hou, insluitend openbare verhore en ander wyses waarop jy kan help om hierdie mosie te beveg.

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest