Leesvordering:

Ontmoet die toekoms van die Afrikaanse filmbedryf – ShowMax

Nov 16, 2017

Jy kan nou al 20 die kortfilms wat vir hierdie jaar se Silwerskermfees gemaak is sommer ná mekaar kyk, want hulle is eerste en uitsluitlik op Showmax. Van fantasie en kriminele dramas tot komedie – die uiteenlopende films in vanjaar se versameling wys dat die toekoms van die Afrikaanse filmbedryf belowend is.

Sedert die eerste fees in 2011 het die kortfilmkompetisie ’n rykdom nuwe talent aan die Afrikaanse filmbedryf bekend gestel, onder andere Christiaan Olwagen (Johnnie is nie dood nie), Rene van Rooyen (Mooirivier) en Corné van Rooyen (Vaselinetjie, Hollywood in my huis). Vorige jare se kortfilms is tot vollengtefilms (Vuil wasgoed, Nommer 37) en selfs ’n TV-reeks (Buurtwag) verwerk.

Filmmakers skryf in vir die kompetisie deur ’n eenbladsyvoorlegging in te stuur wat anoniem op grond van dié konsep beoordeel word. Vanjaar was daar 258 inskrywings, waarvan 31 films uitgenooi is om aan die draaiboekwerkswinkels deel te neem. Uiteindelik is 21 as kortfilms onder mentorskap van mense soos Brett Michael Innes, Etienne Fourie, Johan Kruger, Josh en Luke Rous, en Jozua Malherbe ontwikkel.

Hoogtepunte sluit in:

Soldaat
Beste 24 minute-kortfilm en beste draaiboek (Amy Jephta)

Een dag tydens die skoolvakansie luister twee jong seuns ’n gesprek tussen ’n polisieman en ’n berugte dwelmsmous af. Hulle word ontvoer en word die dwelmsmous se pionne. Op dieselfde dag begin ’n geheimsinnige polisieman met ’n agenda van sy eie sy eerste dag op sy pos. Soos die dag ontvou, kruis die twee stories en bots met mekaar wanneer lewens onherroeplik verander.

Vossie vergas homself
Beste aktrise: June van Merch

Vossie is gereed om sy lewe te beëindig, maar ’n eksentrieke drawwer, Antie, het ander planne. June van Merch (Die boekklub, Binnelanders) is histeries snaaks in die mees humoristiese kortfilm wat jy ooit oor selfdood sal sien.

Slaaf
Beste akteur: Carel Nel

Carel Nel (Hum) het vir die tweede agtereenvolgende jaar die toekenning vir beste akteur gewen vir sy rol as ’n man wat verskeur word tussen sy twee groot liefdes (wat heelwat gemeen het): heroïen en sy heldin.

Die maan val bewusteloos
Beste regisseur van ’n 24 minute-kortfilm: Nico Scheepers

Mia wil weet waar sy vandaan kom. Al wat sy ken, is die feëverhale wat haar grootouers vir haar vertel, maar wat het van die res van haar familie geword?

Langsaan
Beste regisseur van ’n 12 minute-kortfilm: Harold Holscher

Sy leef in haar eie verbeeldingswêreld terwyl haar ouers werk vir ’n beter toekoms. ’n Stil droom leef diep binne-in haar, maar ’n kind kan ’n droom op haar eie voorstoep verloor. Kyk uit vir ’n besonder slymerige cameo deur Marcel van Heerden (Suidooster), wat met ’n #metoo-waarskuwing behoort te kom.

Skoon
Beste redigering: Johan Prinsloo
Louis, ’n jong mondhigiënis, maak veel meer skoon as wat hy moet, en altyd in stappe van drie.

Verlede jaar se wenners – Matthys Boshoff se liefdesverhaal Vlees van my vlees en Willem Grobler se paranoiawekkende Hum – is ook op Showmax te sien.

Kyk die saamgestelde kortfilm-lokprent hier:

https://www.youtube.com/watch?v=6P8QqT47ov0

Oor Showmax

Showmax is ’n internetgebaseerde TV-diens. Teen ’n maandelikse fooi kry jy onbeprekte toegang tot ’n reuse- aanlyn katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Boonop is daar geen advertensies nie. Aktiveer of sluit jou intekening wanneer dit jou pas: Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van toeps vir slim-TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, mediaspelers en speletjiekonsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur dataverbruik deur die bandwydtebeperkingsfunksie te gebruik. Geen internet nie? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie. Showmax is in 2015 gebore en vorm deel van die Naspers-groep. Showmax is tans in meer as 70 lande beskikbaar. Besoek http://www.showmax.com/ vir ’n gratis, risikovrye proeflopie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest