Leesvordering:

Onttrekking van sekerheidsgroenskrif: Eerste oorwinning in belastingprotesveldtog

Sep 1, 2021

AfriForum het vandag die onttrekking van die groenskrif vir maatskaplike sekerheid deur minister Lindiwe Zulu bestempel as ’n belangrike eerste oorwinning in sy belastingprotesveldtog wat gister afgeskop het.

Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, moet momentum nou verder gebou word om omvattende belastinghervorming in Suid-Afrika te weeg te bring.

Die bekendstelling van AfriForum se belastingprotesveldtog – wat gepaardgegaan het met die uitreik van ’n belastingmanifes waarin dié burgerregteorganisasie ’n dispuut met die regering verklaar en omvattende eise stel – is onder meer in reaksie op die vrystel van dié groenskrif.

Verdere momentum moet nou gegee word en die regering moet eenvoudig gedwing word om AfriForum se eise namens belastingbetalers ter tafel te neem.

Volgens Kruger is AfriForum se manifes gister aan die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa gestuur. Die organisasie verwag dat die president en tersaaklike amptenare met AfriForum sal ontmoet om erkenning te gee aan die burgerlike belastingsekretariaat wat deur AfriForum gestig is om namens belastingbetalers met die regering te onderhandel.

“Ons is bly dat ander organisasies en die breër publiek hul stem by ons belastingprotesveldtog voeg. ’n Verenigde front teen belastingmisbruik en volgehoue druk om verandering sal die ANC uiteindelik móét laat onderhandel oor AfriForum se eise,” sê Kruger.

Sien AfriForum se belastingmanifes hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest