AfriForum Wêreldwyd

Oor ons

Hierdie inisiatief is die ideale platform vir elke Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in voeling met sy geboorteland wil bly.

AfriForum Wêreldwyd is al vir byna twintig jaar dié tuiskomplek vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het.

Die inisiatief behels ’n webtuiste wat mense help om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, jou ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.

Ons AfriForum Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen om te bepaal wat presies vir ons mense in die buiteland belangrik is en daarom is juis dié inligting op die webtuiste beskikbaar gestel. Dit sluit aktuele plaaslike nuus en bydraes soos foto’s en stories van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon in, asook ’n Wêreldgids wat enig in sy soort is.

Dié gids is ook die plek waar Suid-Afrikaners in die buiteland eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen vir produkte soos biltong, Ouma-beskuit en tradisionele blatjang. Dit bevat selfs ’n databasis met die besonderhede van ondernemings en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos bedien, persone wat hulp bied met finansiering, asook die name van Suid-Afrikaanse prokureurs en dokters in die buiteland.

Die Wêreldgids het ten doel om mense wat besig is om in die buiteland aan te pas te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die interaktiewe gids maak dit moontlik vir Suid-Afrikaners in die buiteland om self hul ondernemings gratis in die Wêreldgids te laat opneem.

AfriForum Wêreldwyd het ook ’n nuusbrief genaamd Kollig waarop jy gratis kan inteken. Dié nuusbrief bevat onder meer berigte van die Afrikaanse mediahuis Maroela Media, vars nuus oor feeste en buitelandse optredes deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en vele meer.

Daarbenewens is AfriForum Wêreldwyd se Facebook-blad ’n uiters gewilde interaktiewe kuierplek vir alle Suid-Afrikaners, plaaslik en in die buiteland.

AfriForum Wêreldwyd streef voortdurend daarna om Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland waar jy, jou vriende en familielede gesellig kan kuier en ’n gedeelde erfenis kan vier.

In die afgelope aantal jare het ons reeds verskeie medewerkers betrek en nuwe Wêreldwyd-vriende gemaak. Ons vennote sluit onder meer die volgende ondernemings in: South African Events, Texas Potjie, Merise Media en Breytenbachs Immigration Consultants.

Ons sien daarna uit om dié tradisie voort te sit en wil alle Suid-Afrikaanse burgers na die beste van ons vermoë dien – ongeag waar jy jouself bevind.

Bly betrokke en op hoogte van sake in Suid-Afrika.

AfriForum Wêreldwyd – Jou tuiskomplek in die buiteland!

Facebook: https://www.facebook.com/wereldwyd.co.za/
Twitter: @wereldwyd
Instagram: https://www.instagram.com/wereldwyd.co.za/

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

Só vier ons Kersfees in Nieu-Seeland

Só vier ons Kersfees in Nieu-Seeland

Deur Shar-nica du Plessis Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en ’n Kerslysies wat die kleinspan opstel, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die...

Tinteltong Toekennings

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

AfriForum TV

Jeugblad

Oor ons

Kontak ons

Wêreldgids

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest