Leesvordering:

Opregte gesonde beskuit

Feb 15, 2018

Verlang jy terug huis toe? Hierdie beskuit sal darem so ’n bietjie vertroosting bied. Dit is nie net gesond nie, maar ook baie lekker – wie kan dan nee sê? Plus, ek het ook ’n nuwe kookboek getiteld Boerekos met ’n Twist wat ’n absolute móét vir die kombuis is! Loer daarna op my blog.

Opregte gesonde beskuit

Opregte gesonde beskuit sal die neerslagtigheid wat met winter gepaardgaan, moet genees. Aangesien dit Februariemaand is, is dit eintlik soort van verpligtend om met sulke beskuit teen jou wederhelf te nestel. Hierdie is slegs een van my gunsteling-eetgoed dag of nag, as ’n maaltyd of ’n peuselhappie. Indien jy nie veel van beskuit weet nie, dan mis jy uit. Dit is basies gebakte soetbrood wat uitgedroog is en in ’n warm beker koffie gedoop word.

Die afgelope week was uitsonderlik koud gewees en ek was so vergeetagtig om te dink dat die winter moontlik al verby is. Lente, waar is jy? Ek mis jou so baie. So, wat moet ’n mens doen indien dit so koud is dat jy nie eers by die venster wil uitloer nie? Bak en bak totdat daar genoeg kosvoorraad vir drie winters is. Ek het nou al so lank probeer om suurdeegbrood te bak en het die resep uiteindelik (hou duime vas!) met my eerste probeerslag reggekry. Ja-ja, ek weet dis seker wensdenkery… ek gaan moet wag vir die ware kenner (my ma) wat volgende week arriveer.

Ek kan darem gewone beskuit bak. Ek het hierdie maklike resep wat ek volg sedert ons Frankryk toe getrek en vir twee moes begin kook het. Dit is so ’n maklike ontbyt vir die mans en ek is seker dat sodra ons seuntjie beskuit begin waardeer, hy dieselfde sal sê. Dan is dit een maaltyd waaroor ek nie hoef te bekommer nie. Die werk hou inderdaad nooit op nie, want sodra die een maaltyd klaar voorberei is, het jy ’n honger byna eenjarige wat aan jou broekspype begin trek.

So terug na die suurdeeg… Dit is ’n twee dag lange proses wat jou toelaat om beskuit en brood te bak. Jy sal egter eers ’n suurdeegplantjie moet maak – wat ek binnekort sal verduidelik – en dan kan jy eerste bak wat jy ook al verkies. Ek het eerste ’n suurdeegbrood gebak en daarna beskuit. Ek het dit soort van gelyktydig voorberei, omdat dit ’n tyd lank neem om te rys. So, beplanning en geen afleiding nie is baie belangrik. Selfs al berei jy dit voor tydens slaaptyd, is dit wel die moeite werd wanneer dit uit die oond kom, ek belowe.

Hoe om ’n suurdeegplantjie te maak:

Jy benodig

  • 1 liter gekookte louwarm water
  • 10 ml gis
  • 1 medium aartappel, afgeskil en gerasper
  • 2 koppies plus 2 e. meel

Hoe

  • Gooi die water, gis en aartappel in ’n plastiek Tupperware-houer en meng goed.
  • Sif die meel bo-oor, maar moenie meng nie. Maak ’n gat in die middel van die mengsel sodat fermentasie kan plaasvind.
  • Seël die deksel en rol dit toe binne-in ’n kombers en plaas in ’n warm area waar die hitte konstant 24°C is. Langs ’n verwarmer is ideaal. (Wees egter baie versigtig.)
  • Laat dit vir 12 ure staan voordat dit oopgemaak word. Dit moet vol bobbels wees en suur ruik, dan weet jy dat dit reg is!

Resep:
Mosbolletjiebeskuit

Voorbereidingstyd: 60 minute
Kooktyd: 60 minute
Bedien: 8 tot 10 mense

Bestanddele 

  • 60 g botter (sojabotter)
  • 60 ml louwarm melk (amandelmelk)
  • 1/2 blikkie kondensmelk (vegan-karamel)
  • 5 ml gis
  • 1/2 koppie suurdeegplantjie
  • 4 1/2 koppies meel (farine de blé)
  • 1 t. sout
  • 175 ml witsuiker

Metode

  1. Smelt die botter, melk en kondensmelk saam en laat dit afkoel totdat dit louwarm is. Voeg die water, gis en suurdeegplantjie by hierdie mengsel.
  2. Voeg ’n kwart van die meel by die mengsel en laat dit vir 30–60 minute staan totdat dit borrelend is.
  3. Voeg die res van die bestanddele by hierdie mengsel en knie dan die deeg en laat dit vir 30 minute rus voordat jy verder knie. Bedek met ’n dun lagie plastiek en laat die deeg vir 2–3 ure rys.
  4. Voorverhit die oond tot 190°C en smeer twee broodpanne met botter voordat die deeg bygevoeg word.
  5. Knie weer en rol dan die deeg in balle en plaas dit netjies langs mekaar in die panne. Dit moenie té styf wees sodat dit nie ten volle rys nie, en borrels sal in die deeg begin vorm wanneer dit begin bak.
  6. Hier het jy die opsie om die kaneelsuiker bo-oor te strooi indien jy dit graag ’n bietjie krakerig en soeter wil hê.
  7. Laat dit vir nóg 30–60 minute rys en bak daarna vir 30–45 minute.
  8. Sodra dit klaar gebak het, verwyder onmiddellik uit die panne en breek dit uitmekaar met ’n vurk.
  9. Droog dit vir 3–5 ure uit teen 100°C deur van ’n bakplaat gebruik te maak.

Vegan-karamel 

  1. Verhit een blikkie klapperroom, voeg ’n 1/2 koppie esdoringstroop by en wag totdat dit verdik.
  2. Hou ’n oog hieroor sodat dit nie aanbrand nie, voeg 1 lepel vanielje-ekstrak by net voordat jy dit van die hitte afhaal. Laat dit in ’n Maison-fles afkoel, seël, en plaas in die yskas.

Hierdie resep is aangepas uit Boerekos met ’n Twist. Jy kan die resep dubbel aanmaak soos die oorspronklike weergawe om vier koppe beskuit te maak.

Voorbereidingstyd: 30 minute
Kooktyd: 50 minute
Bedien: 6 tot 8 mense

Veganvolkoringbeskuit

Bestanddele 

  • 2 koppies volkoringmeel
  • 2 1/2 tot 3 koppies koringkiem of All-Bran
  • 125 g sojabotter of enige ander botter van jou keuse
  • 1/3 koppie amandelbotter
  • 1/2 koppie agawe/klappersuiker of heuning
  • 1 koppie amandelmelk
  • 1 e. suurlemoensap
  • 1 t. bakpoeier
  • 1/2 t. sout
  • 1/3 koppie verflenterde klapper
  • 1/3 koppie pampoensaad
  • 1/3 koppie sonneblomsaad
  • 1/3 koppie gemengde haselneute & pekanneute
  • 1/3 koppie rosyne/bosbessies/dadels
  • 1/4 koppie vlassaadmeel
  • 1/4 koppie iskiumsaad

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 175°C.
  2. Meng al die droë bestanddele saam en hou dit eenkant.
  3. Smelt dan die botter en voeg die amandelbotter en versoeter van jou keuse by.
  4. In ’n aparte bakkie, meng die amandelmelk en suurlemoensap saam en laat dit vir 5–10 minute stol voordat jy dit in die bottermengsel meng.
  5. Meng die vlassaadmeel en iskiumsaad saam ’n 1/3 koppie louwarm water en laat dit ook vir 5–10 minute dik word.
  6. Voeg hierdie twee mengsels by die droë mengsel en voeg dan die res van die bestanddele by.
  7. Smeer ’n broodpan met ekstra sojabotter of klapperolie en bak die brood vir 15–20 minute.
  8. Voeg ekstra botter en sade bo-op by vir ’n krakerige bolaag.
  9. Haal uit die oond om af te koel. Sodra afgekoel, sny lengtegewys in repies en plaas dit weer eens op ’n bakplaat.
  10. Laat dit vir 1–2 ure uitdroog teen 105°C.

So, geen meer verskonings nie, reg? Aangesien dit die maand van liefde is, wys jou geliefde hoeveel jy hom/haar lief het deur een van hierdie resepte voor te berei. Ek kan nie lieg nie, ek sal uiters beïndruk wees indien my man enigiets met suurdeeg vir my voorberei, net omdat dit soveel tyd in beslag neem om voor te berei!

Bonne Semaine à Tous

M*

Jy kan Mariza se blog, Life in the South, hier lees en haar ook op sosiale media volg. Haar blog is ’n plek waar jy meer as een ding kan wees: ma, sjef, fotograaf en reisiger alles gelyktydig. Vind resepte, reisinligting, doen-dit-self, handige wenke en hoe om in die buiteland te oorleef…

Meer oor die outeur

Mariza Ebersohn

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest