Leesvordering:

OU GUNSTELINGE EN NUWE TREFFER-REEKSE IN OKTOBER OP SHOWMAX

Okt 5, 2017

Hierdie Oktober is daar elke week kraakvars nuwe programme op ShowMax – van nuwe episodes van ou gunstelinge soos Boer soek ’n vrou en Edik van Nantes tot splinternuwe reekse waarvoor jy sommer vinnig lief gaan raak.

Die eerste nuwe kykNET-reeks skop op 5 Oktober af.

 

Op die Skouers van Reuse

Op die Skouers van Reuse bied ’n blik op die lewe van ons land se grootste sportsterre en plaas die fokus op die liefdadigheidsorganisasies wat hulle ondersteun. Hierdie is ’n sportprogram met ’n groot hart, waar jy ’n ander kant van mense sal leer ken wat op die sportveld uitblink, van die swemmer Roland Schoeman, langafstandatleet Elana Meyer, sewesrugbyster Branco du Preez en die bokser Pierre Coetzer.

Edik van Nantes, Seisoen 3

Die derde seisoen van Edik van Nantes is ook van 5 Oktober af op ShowMax te sien, en hierdie seisoen berei die broers weer heerlike geregte voor. Erik en Nataniël ondersoek elke hoekie van hul historiese tuisdorp en deel hul avonture met kykers. Die kokery gebeur dié keer in die stad Nantes, in gewillige inwoners se huise, en bied so ’n meer moderne blik op die lewe in Frankryk.

Hotel, Seisoen 2

Aanhangers van die satiriese dokumentêre (“mockumentary”) reeks Hotel kan regskuif vir die tweede seisoen wat vanaf 10 Oktober op ShowMax beskikbaar sal wees met ’n nuwe episode wat elke week vrygestel word. Die personeel van die Fransen-hotel is terug en weereens op hul stukke. Die stryd om die substandaard hotel aan die gang te hou duur voort en dinge raak al hoe meer fassinerend, met nuwe karakters en liefdesdriehoeke wat sake bemoeilik. As jy ná jou eerste episode van Hotel nog nie genoeg gelag het nie, maak gereed vir ’n dubbele dosis vreugde, want twee ou gunstelinge het saamgesmelt om ’n lekker nuwe komedie te vorm.

Ouboet en Wors

Ouboet en Wors bring vir Ouboet van Orkney Snork Nie, en Wors uit die Mollie en Wors-faam bymekaar vir eg Suid-Afrikaanse komedie. Frank Opperman en Willie Esterhuizen gee lewe aan dié twee ikoniese karakters, en met ShowMax kan jy van 10 Oktober af vir hulle lag net waar en wanneer jy wil.

Waterfront

Dramaliefhebbers kan solank opgewonde raak oor Waterfront, die nuwe reeks waarin die talente van uitstekende akteurs soos Rolanda Marais, Dawid Minnaar, Stian Bam, Milan Murray, Albert Pretorius en Edwin van der Walt verskyn. Die verhaal gaan oor drie susters wat in Kaapstad se Waterfront grootword, omring deur die swier van hul pa se bootbou-onderneming. ’n Familietragedie bring die susters weer bymekaar nadat hul paaie geskei het en kykers kan uitsien na ’n boeiende ervaring aan die hande van bekroonde regisseur Jaco Bouwer.

Boer Soek ’n Vrou, Seisoen 10

Natuurlik is dit nie Suid-Afrikaanse vermaak as daar nie êrens ’n plaas betrokke is nie. Om te sorg dat die boerdery en die liefde in Oktober aandag geniet, is daar nuwe seisoene van Megaboere en die gewilde realiteitsreeks Boer Soek ’n Vrou. Megaboere se nuwe aanbieder is die tydskrifredakteur en skrywer Jaco Kirsten, terwyl Minki van der Westhuizen weer die boere help met sake van die hart in die tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou.

Al hierdie vermaak is op jou gunstelingtoestel beskikbaar met ShowMax, so teken in of maak gebruik van die gratis proeflopie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest