Leesvordering:

Wêreld in fokus: Pak hierdie in jou VSA tas!

Mar 12, 2020

Sommige mense stem saam dat die opbou tot ‘n vakansie – hetsy plaaslik of internasionaal – soms opwindender as die vakansie self is: Allerlei planne in jou kop oor die plekke wat jy gaan sien en die herinneringe wat jy bymekaar gaan maak. Ons het besluit om jou VSA-tas solank te begin pak met alles wat jy moet weet. Jy hoef dan maar net met ’n sny pizza in jou hand oor die Grand Canyon en Elvis Presley te droom.

Pak gerus die volgende agt wenke in jou rugsak:

Jy mag regs draai by ’n verkeerslig wat rooi is

Daar is ‘n Amerikaanse padreël wat jy ingedagte moet hou: die sogenaamde draai-regs-by-’n-rooi-lig-reël. Dié reël bepaal dat motoriste regoor die 50 state toegelaat word om regs te draai wanneer ’n verkeerslig rooi is, mits dit veilig is en daar geen teken is wat ’n regsdraai verbied nie. Dit is dus belangrik om versigtig te wees wanneer jy die pad kruis omdat motors aan die regterkant ry.

Verstaan die diensfooi-etiket

In meeste dele van die wêreld is die fooitjie vir iemand wat aan jou ’n diens lewer nie altyd verpligtend nie. En as dit is, is dit maar ’n klein bedraggie. In die VSA word ’n fooi van tussen 15% en 20% op dienste verwag. Wees maar versigtig en gaan jou rekening na: By sommige plekke word die bedrag reeds bygereken en kan jy dit net aanpas.

Gebrek aan openbare vervoer – jy gaan ’n motor nodig hê

Hoewel die VSA tegnologies een van die mees gevorderde lande in die wêreld is, is openbare vervoer moeilik bekombaar in hierdie uitgestrekte land. Jy moet verwag om tussen die groot stede op vliegtuie of busse aangewese te wees, aangesien treinnetwerke tussen stede beperk is.

Die beste manier om in die VSA rond te reis? Huur ’n motor.

Al die seisoene in een

Die diverse klimaat strek die land oor. Die noorde is geneig om koeler te wees, terwyl die suide lekker warm kan raak.

Wanneer jy aan die Ooskus is, kan jy warm en mistige somers verwag, terwyl die Weskus die hele jaar ’n konstante klimaat geniet. Dit is dus belangrik om die regte klere in te pak – maak seker die klere wat jy saamvat is gepas vir die streek wat jy besoek en tyd van die jaar.

Los jou plooibaretydkonsep tuis

’n Plooibare konsepte van tyd vaar nie goed in die VSA nie. As jy afgespreek het om iemand 07:00 te ontmoet, is dit belangrik om stiptelik om 07:00 of selfs bietjie vroeër daar te wees.

Amerikaners neem stiptelikheid baie ernstig op en dit word as onbeskof beskou as jy laat is. Gee jouself meer tyd as wat jy dink nodig is om êrens heen te gaan, veral omdat jy nie met die omgewing vertroud is nie.

Shot right!

Dis die gewoonte in die VSA om aan die kant te loop as jy nie saam met die stroom beweeg nie. Amerikaners wil nie om jou beweeg nie en hulle fokus op die stroom waarin almal beweeg.

Moenie aan die linkerkant van ’n gang, stoep, deur of hoek loop nie. Bly aan die regterkant, want mense in die VSA is geneig om jou aan die linkerkant verby te steek.

Gesondheid eerste

Hoewel reisversekering belangrik is vir enige buitelandse reis, is dit ’n noodsaaklikheid vir ’n reis na die VSA. Die land se gesondheidsdienste is redelik duur en jy wil nie in ’n noodgeval moet nee sê vir mediese sorg nie. Om veilig te wees, belê in reisversekering en hou ’n afskrif byderhand wanneer jy reis. Trouens, jy gaan nie ’n visum kan kry sonder reisversekering nie.

Omsetbelasting is nie ingesluit in die prys nie

Elke staat het sy eie omsetbelastingkoers, alhoewel sommige state soos Oregon geen omsetbelasting hef nie. As jy ’n worsrolletjie in San Francisco teen $10 koop, sal dié belasting van 8,5% hierby gevoeg word. Hou dit in gedagte wanneer jy die begroting vir jou reis aanpak. Dit lyk dalk nie na baie vir net een worsrolletjie nie, maar dit sal definitief meer wees wanneer jy na ’n deftige restaurant gaan.

Die VSA is ’n land van interessante diversiteit en bied iets vir almal. Pak jou rugsak, die Groot Appel wag!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest