Leesvordering:

Paniek oor die bekendstelling van die Britse minimum-inkomstedrempel

Jan 28, 2016

Die afgelope weke is paniek gesaai deur verkeerde berigte in die media oor die instelling van ‘n minimum-inkomstedrempel in die Verenigde Koninkryk. Volgens dié verkeerde berigte sal mense wat minder as £35 000 per jaar verdien, binne drie maande gedeporteer word.

Om die ware feite deur te gee, het Breytenbachs Immigration Consultants (BIC) ‘n kort riglyn saamgestel oor die Britse minimum-inkomstedrempel en hoe dit Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk woon en werk, sal beïnvloed.

Agtergrond

Die Britse departement van binnelandse sake gaan ‘n minimum-inkomstedrempel instel vir migrante op Vlak 2 (Algemeen) en Vlak 2 (Sportmense) wat aansoek doen vir onbepaalde verlof om aan te bly (ILR – ‘Indefinite Leave to Remain’) in die Verenigde Koninkryk. Dit sal op 6 April 2016 in werking tree.

Dit beteken dat Vlak 2-aansoekers vanaf 6 April 2016 ten minste £35 000 per jaar moet verdien om te kan aansoek doen vir onbepaalde verlof om aan te bly, tensy een van die uitsonderings op hulle van toepassing is. As hulle nie kan bewys dat hulle die minimum inkomste verdien nie, sal hulle nie in aanmerking kom vir onbepaalde verlof om aan te bly nie. Hulle sal die Verenigde Koninkryk dan moet verlaat wanneer hul visa se geldigheid verstryk, tensy hulle daardie visa verder kan verleng of ‘n alternatiewe roete vind om in die land te bly.

Die instelling van die nuwe minimum-inkomstedrempel sal dus slegs persone op Britse immigrasieroetes op Vlak 2 (Algemeen) en Vlak 2 (Sportmense) raak.

Dit sal geen invloed hê op persone in enige van die ander immigrasiekategorieë wat aansoek doen vir permanente verblyf (onbepaalde verlof om aan te bly) nie.

Intussen is daar begin met ‘n petisie om die Britse regering oor te haal om die inwerkingtreding van die wet stop te sit. Die moontlikheid dat ʼn reël verander sal word voordat dit in werking tree, is egter baie skraal, want die nuwe minimum-inkomstedrempel is reeds by die Britse immigrasiereëls ingesluit.

Uitsonderings op die reël

Gelukkig is daar ook uitsonderings op hierdie inkomstedrempel vir Vlak 2-migrante.

Vlak 2-migrante wie se beroepe op die beroepstekortelys verskyn, hoef nie te voldoen aan die vereiste van ‘n minimum-inkomste nie. Een van die beroepe wat die swaarste deur die instelling getref sou word, is verpleging. Gelukkig het die Britse regering die verpleegberoep in Oktober 2015 by die beroepstekortelys gevoeg, wat natuurlik goeie nuus is vir Suid-Afrikaanse verpleegkundiges in die Verenigde Koninkryk.

Vlak 2-migrane met ʼn Ph.D.-graad is ook vrygestel.

Ander uitsonderings sluit die volgende in:

  • onder sekere omstandighede geborgde Vlak 2-migrante (Algemeen) as hul beroepe voorheen op die Britse beroepstekortelys was;
  • kwalifiserende houers van werkpermitte wat verlof geneem het gedurende die aaneenlopende vyfjaartydperk wat hul aansoeke om verlof om aan te bly, voorafgegaan het; en
  • Vlak 2-migrante met ‘n borgsertifikaat wat voor 6 April 2011 toegeken is en wat verlof geneem het gedurende die aaneenlopende vyfjaartydperk wat hul aansoeke om verlof om aan te bly, voorafgegaan het.

Persone wat nie aan die vereiste minimum-inkomste voldoen nie

Vlak 2-migrante kan gewoonlik ná vyf jaar in die Verenigde Koninkryk aansoek doen om onbepaalde verlof om in dieselfde hoedanigheid aan te bly. Indien hulle nie kwalifiseer nie, kan hulle moontlik nog 12 maande in daardie hoedanigheid in die Verenigde Koninkryk aanbly. Dit sal hulle totale tydperk van verblyf as Vlak 2-migrante op ses jaar te staan bring.

Persone wat nie aan die vereiste minimum-inkomstedrempel voldoen nie, hoef dus nie te skrik vir berigte in die media dat hulle binne drie maande gedeporteer sal word nie.

Die pad vorentoe

Breytenbachs Immigration Consultants (BIC) raai alle lesers wat dink hulle kan deur die instelling van die inkomstedrempel beïnvloed word, sterk aan om sonder versuim met BIC kontak te maak. Ons sal hulle waar moontlik help om hul verblyf in die Verenigde Koninkryk met ʼn alternatiewe roete te verleng.

Ons raai migrante op Vlak 2 (Algemeen) en Vlak 2 (Sportmense) wat nie aan die vereiste minimum-inkomstedrempel voldoen nie en wat kwalifiseer om voor 6 April 2016 aansoek te doen om onbepaalde verlof om aan te bly, ook ten sterkste aan om sonder versuim met ons in aanraking te tree.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest