Leesvordering:

Plaas jou pensioenfonds of aftreeannuïteit oor na die buiteland

Mei 12, 2016

As jy van Suid-Afrika af emigreer het kan jy jou aftreeannuïteit of pensioenfonds na kontant omskakel en die fondse na jou nuwe tuiste verplaas voor die ouderdom van 55.

Hierdie geld kan jy dan vir enige doeleinde gebruik – hetsy jy dit wil herbelê in ʼn plaaslike pensioenfonds, vir verbeteringe aan jou eiendom wil gebruik, wil reis of om doodeenvoudig jou leefstyl ʼn hupstoot te gee.

Hoekom juis aftreegelde oorplaas?

Voor 2008 kon Suid-Afrikaners nie hierdie proses volg nie, maar veranderinge aan Suid-Afrikaanse belastingwette maak dit nou moontlik om jou aftreeannuïteit na kontant om te skakel. Dit beteken dat jy nou toegang het tot jou geld, waar ookal jy jou in die buiteland mag vind, vir enige doeleinde.

Die deviesebeheerproses is egter taamlik ingewikkeld. Jy sal noodwendig met SAID, die Reserwebank, jou versekeraars sowel as ʼn gemagtigde bank moet werk om die proses te voltooi.

cashkows.com doen die loopwerk vir jou!

Ons het reeds meer as 13 000 Suid-Afrikaanse landsverhuisers in 80 lande met verskillende aspekte van hul finansiële migrasie gehelp en het boonop ʼn 100% slaagsyfer.

Plaas jou aftreeannuïteit oor in 3 maklike stappe

1. Voltooi ʼn gratis cashkows.com assessering wat jou sal wys: 

  • hoeveel jy kan oorplaas
  • hoe lank dit sal vat (soms binne 12 weke, afhangend van jou profiel)
  • watter fooie cashkows.com sal hef; ons vereis eers betaling wanneer ons dienste suksesvol voltooi is.

2.  Ons doen die admin – indien daar enigiets is waaroor jy ʼn oog moet gooi of moet teken kan jy dit op ons veilige aanlyn portaal, of ons sal die dokumente aan jou koerier.

 3. Jou geld sal oorgeplaas word na jou gekose buitelandse bankrekening en in dien jy nie een het nie kan ons vir jou een oopmaak.

Cashkows.com is…

  • vinnig: as jy ons dienste gebruik kan die geld vinniger in jou bank wees.
  • bekostigbaar; ons vereis geen fooie vooraf nie.
  • veilig; ons is ʼn gelisensieerde finansiële diensverskaffer en Reserwebank-goedgekeurde deviesebeheer bemiddelaar, en gebruik die allerbeste aanlyn sekuriteitsmaatreëls.
  • regsgeldig; ons volg alle SARS-, Reserwebank-, versekeraar- en bankregulasies.
  • gerieflik; ons hanteer die proses van begin tot einde en verskaf handtekening-gereed, voltooide dokumente.
  • mededingent; ons verskaf mededingende wisselkoerse. Hetsy jy die deviesebeheer risiko wil vryspring, jou aftreegelde onder een dak wil konsolideer of geld kort om jou nuwe lewe oorsee te begin – cashkows.com sal jou help om jou doel te bereik.

Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest