Leesvordering:

“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het,” hoor verloofde ná plaasmoord

Feb 2, 2024

Plaasaanvalslagoffers vertel hul afgryslike stories in nuwe dokumentêre reeks

“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het.” Dít is wat Mariaan Brits moes hoor kort nadat haar verloofde, Robert Stander, in 2021 tydens ’n aanval op ’n hoewe in Muldersdrif doodgeskiet is. In nóg ’n aanval, dié keer in 2020 op ’n plaas oos van Pretoria, moes Joey en Leon Kruger toekyk hoe ’n aanvaller ’n vuurwapen teen hul huilende sewejarige seun se kop hou en dreig om hom te skiet. Dié en verskeie ander emosioneel gelaaide stories – soos vertel deur die oorlewendes van plaasaanvalle – vorm deel van ’n nuwe dokumentêre reeks met vyf episodes wat pas deur AfriForum vrygestel is. Die eerste twee episodes is reeds op YouTube beskikbaar. Die volledige reeks sal vanaf 16 Februarie op AfriForum TV te siene wees.

In dié reeks getiteld Resilient voices: Survivors of farm attacks share their stories word slagoffers van gewelddadige plaasaanvalle in Suid-Afrika se ervarings in skokkende besonderhede onthul.

“Plaasaanvalle en -moorde is ’n harde werklikheid in Suid-Afrika. Dit is skandelik dat ons ’n regering het wat hierdie misdade ontken of as iets onbelangrik afmaak, terwyl ons politieke partye soos die EFF het wat openlik ‘Kill the Boer, kill the farmer’ dreunsing by politieke byeenkomste,” sê Jacques Broodryk, regisseur van die reeks en hoofwoordvoerder van AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid.

Volgens Broodryk is dit noodsaaklik om hierdie stories te vertel en vir die internasionale gemeenskap om kennis te neem van slagoffers se ervarings in hierdie ondenkbare gewelddadige aanvalle. “Hierdie is die werklike mense wat werklike gruwels gely het,” sluit Broodryk af.

AfriForum het reeds 172 gemeenskapsveiligheidstrukture oor die land heen gevestig en sal voortgaan om landelike en stedelike gemeenskappe te bemagtig om hul veiligheid, in samewerking met die owerhede en binne die raamwerk van die wet, hul eie hande te neem. AfriForum bied ook traumaberading aan slagoffers van plaasaanvalle.

Kyk die reeks hier.

Beveilig ’n plaas

Jy kan AfriForum help om ons plase te beveilig deur ’n skenking te maak vir hierdie doel. As jy ons aksie wil steun vanuit die buiteland gaan na: Vriende van AfriForum. www.friendsofafriforum.com/af

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: AanTafelThuis

Onderneming in die Kollig: AanTafelThuis

Hierdie week se kollig is op AanTafelThuis. AanTafelThuis is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Stemdae vir Suid-Afrikaners oorsee

Stemdae vir Suid-Afrikaners oorsee

Die stemdatums vir Suid-Afrikaners wat nie in Suid-Afrika woon nie is aangekondig! Stemdag in Suid-Afrika is op 29 Mei, en burgers buite Suid-Afrika het geleentheid om op óf 17 Mei, óf 18 Mei te kan stem, afhangend van die gasheerland se dominante godsdienstige en...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest