Leesvordering:

Planne dat Suid-Afrikaanse studente vir twee jaar ná graduering mag aanbly

Okt 7, 2019

Die VK-regering beplan ’n reeks van nuwe immigrasie-inisiatiewe om meer talent na die VK te lok en te behou. Een van die beoogde immigrasieroetes sal Suid-Afrikaanse studente wat in die VK studeer die geleentheid bied om vir ’n verdere twee jaar ná die voltooiing van hul graad in die VK aan te bly. Dit skep uiteraard wonderlike geleenthede vir Suid-Afrikaners wat gelukkig genoeg is om in die VK te kan studeer.

Om te kwalifiseer, moet studente aan ’n sogenaamde vertroude VK-universiteit of ‑hoëronderwysverskaffer gradueer en ’n onberispelike rekord by die VK se Home Office hê. Daar is geen beperking op die aantal studente wat volgens dié nuwe planne kwalifiseer nie.

Boonop sal gegradueerdes van enige dissipline toegelaat word om vir twee jaar lank in die VK aan te bly om werk te soek. Hulle sal toegelaat word om vir poste aansoek te doen, ongeag hul vaardighede of die vak wat hulle gestudeer het. Die VK-regering hoop dat dié tweejaarvergunning studente se kanse sal verhoog om langtermynaanstellings in die VK in hul onderskeie rigtings te kry.

In dié twee jaar kan gegradueerdes werk soek wat die kriteria sal nakom vir immigrasieroetes wat tot permanente verblyfreg sal lei, en na dié immigrasieroetes oorskakel. Dit sal uiteraard ook vir hulle moontlik wees om na ander roetes oor te skakel wat na verblyfreg sal lei. Ná vyf jaar op ’n immigrasieroete wat na permanente verblyfreg lei, sal hulle vir VK-burgerskap kwalifiseer.

Aspirant- en huidige oorsese studente sal egter nog ’n jaar of wat moet wag, omdat daar verwag word dat dié nuwe immigrasieplanne eers in 2020 in werking sal tree. Breytenbachs Immigration Consultants sal lesers daarvan inlig sodra meer besonderhede beskikbaar is.

Waarom is die VK ’n gewilde bestemming vir Suid-Afrikaanse studente?

’n Groot hoeveelheid Suid-Afrikaanse studente studeer tans aan universiteite regoor die VK. Daar is ’n legio redes waarom Suid-Afrikaners die VK as aantreklike akademiese bestemming sien.

  • Die VK is bekend vir sy akademiese uitnemendheid. Die VK word as die tuiste van soveel as 29 van die wêreld se top-200-universiteite beskou.
  • Taal is nie ’n uitdaging vir Suid-Afrikaanse studente nie, aangesien Engels die voertaal by VK-universiteite is.
  • Suid-Afrikaanse studente kan makliker by die VK-kultuur aanpas omdat dit in vele opsigte met dié van Suid-Afrika ooreenkom.
  • Daar is ’n groot hoeveelheid Suid-Afrikaners in die VK, en elfs Suid-Afrikaanse kerke, winkels en gemeenskappe. Dit maak dit maklik as die verlange huis toe groot raak of die weer jou begin onderkry.
  • As jy ’n nagraadse kwalifikasie oorweeg, sal jou gade of ongetroude metgesel toegelaat word om saam na die VK te gaan.
  • Die VK pas geen ouderdomsbeperking op studentevisums toe nie. Dit beteken dat dit nooit te laat is om in die VK te gaan studeer nie. Ons het verskeie volwasse studentekliënte wat hul drom verwesenlik om ’n nagraadse kwalifikasie aan een van die VK se toonaangewende universiteite te verwerf.

 

Let asseblief daarop dat die inligting in hierdie artikel nie as professionele raad geag word nie. Dit word as algemene inligting bedoel sonder dat enige waarborg van enige aard ook al gegee word, uitgespreek of geïmpliseer. E-pos asseblief vir info@bic-immigration.com vir enige inligting, of besoek Breytenbachs Immigration Consultants se webtuiste by www.bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest