Leesvordering:

Pompeo-uitspraak ’n hupstoot vir stryd teen onteiening sonder vergoeding

Feb 20, 2020

AfriForum het Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se waarskuwing verwelkom dat onteiening sonder vergoeding katastrofies vir Suid-Afrika se ekonomie en die land se bevolking sal wees. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié uitspraak ’n reusehupstoot vir dié burgerregteorganisasie se internasionale veldtog om buitelandse druk te mobiliseer teen die Suid-Afrikaanse regering se planne om hul ideologie van onteiening sonder vergoeding te implementeer.

Pompeo het sy uitspraak ten opsigte van Suid-Afrika se planne vir onteiening sonder vergoeding vanoggend in Addis Abeba in Ethiopië tydens die sitting van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika gemaak.

“Aangesien die VSA een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is, moet die Suid-Afrikaanse regering Pompeo se waarskuwing met erns bejeën en besef dat ideologies gedrewe beleidsrigtings ernstige bedreigings vir die land se ekonomie inhou. Zimbabwe en Venezuela bewys met hul werkloosheidskoers van sowat 90% dat almal behalwe die politieke elite daaronder ly as eiendomsreg geskend word,” sê Kriel.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, en Monique Taute, hoof van veldtogte, het pas die Amerikaanse been van dié organisasie se #DieWêreldMoetWeet-veldtog van stapel gestuur. Dit behels onder meer die mobilisering van buitelandse druk teen onteiening sonder vergoeding. Roets het reeds gister ’n voorafopgeneemde onderhoud met Tucker Carlson op FoxNews gevoer en gaan talle ander media-instellings, meningsvormers, politici en dinkskrums in die VSA besoek.

“Beleggers verlaat vanself lande waar eiendomsreg nie gerespekteer word nie. AfriForum se poging om buitelandse druk te genereer, is juis om te verseker dat beleggers druk op die Suid-Afrikaanse regering plaas om beleggings te red,” sluit Kriel af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest