Leesvordering:

Posduif sing oor liefde en om kanse te waag in nuwe enkelsnit

Nov 30, 2021

“Dit is ’n liedjie oor liefde met die eerste oogopslag en om kanse te waag,”POSDUIF se hoofsanger, James Boland, oor die betekenis agter hulle nuutste enkelsnit, STELLENBOSCH SOMERSAAND, wat pas vrygestel is.

Hierdie goedvoel-popsnit, met ’n tagtigs-aanslag, is geskryf deur Boland, Nick Jordaan en Nathan Woodman, vervaardig deur Brendan Campbell en gemeng deur Hugo Ludik.

“Stellenbosch is ’n pragtige dorp, met goeie mense en mooi geboue. Ons wou ’n liedjie skryf wat hierdie skoonheid versinnebeeld deur ’n liefdesverhaal en bekende plekke by te voeg,” deel James. “Dit is een van ons gunsteling-liedjies om op te voer en is ’n unieke Afrikaanse snit, met ’n nostalgiese gevoel.”

In egte POSDUIF-styl, sal hulle nuutste enkelsnit aanklank vind by luisteraars van alle ouderdomme en hulle nooit om saam te sing en dans op die maat van die lekker musiek.  

STELLENBOSCH SOMERSAAND vorm deel van die groep se debuut-album, Niks Vergelyk, en volg in die suksesvolle voetspore van die titelsnit en Herinner My, wat uitstekend ontvang is en op die treffersparades van verskeie radiostasies landswyd gekuier het.

Die groep bestaan uit Boland, Nick Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Brendan Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.

Buiten daarvoor om hulle nuwe album te bemark en soveel as moontlik op te tree, is die groep ook besig om te werk aan materiaal vir hulle tweede album en opwindende planne te beraam vir die toekoms.

POSDUIF het die kuns bemeester om hulle gedagtes en gevoelens op ’n manier weer te gee wat lekker is om na te luister en by almal aanklank vind, en STELLENBOSCH SOMERSAAND is die perfekte bewys hiervan.  

Hulle is deel van die uitgesoekte groep kunstenaars wat 4 – 5 Desember by Bok Radio se BILTONGFEES in Sandringham optree. Indien jy in die area is, bespreek nou jou kaartjies by www.wimtv.net

Die liedjie is beskikbaar op hul album, Niks Vergelyk, wat beskikbaar is op alle digitale platforms. Kry dit hier: https://Posduif.lnk.to/NiksVergelykAlbumMB

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest