Leesvordering:

Pret in Pretoria – 5 plekke wat jy móét besoek! 

Mar 14, 2019

Deur Danielle Kleyn

Daar is soveel om te doen en te sien in Pretoria dat dit moeilik is om te kies. Hier is vyf plekke wat beslis op jou lysie moet wees.

Die Voortrekkermonument

Dit is een van die toeristeaantreklikhede in Gauteng wat die meeste besoek word. Die Voortrekkermonument is ontwerp deur die argitek Gerhard Moerdijk en het ten doel om die Afrikanergeskiedenis en Suid-Afrika se pioniersgeskiedenis te herdenk. Die 40 meter hoë granietmonument staan in die middel van die natuurresservaat van 240 hektaar

Die hele gesin sal ʼn besoek aan die Voortrekkermonument geniet. Daar is talle roetes vir fietsryers en drawwers, en perderitte kan ook bespreek word. Die geskenkwinkel, De Afrikander Handelshuis, het ʼn oorvloed produkte wat jou sal herinner hoe lekker dit is om Afrikaans te wees. Jy kan die Voortrekkermonument in die somer elke dag van 09:00 tot 18:00 besoek en in die winter van 09:00 tot 17:00.

Die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin

Die Botaniese Tuin is in Junie 1946 gestig toe die Universiteit van Pretoria goedkeuring gegee het dat die Departement van Landbou ʼn stuk van die Universiteit se proefplaas daarvoor mag gebruik. Die hoofrede vir die oordrag van die grond was die voorkoms van Dichapetalum cymosum daarop; omdat dit giftige blare het, het dit die grond ongeskik gemaak vir landbou-eksperimente.

Die Botaniese Tuin is op 23 Oktober 1958 amptelik geopen. Ongeveer 220 voëlspesies kom daar voor, wat ʼn besoek ʼn moet maak vir voëlkykers. Sowat vyftig skoenlapperspesies is ook al opgemerk. Ander diere wat in hierdie indrukwekkende tuin tuis is, is hasies, duikers en verskeie soorte akkedisse. As jy gelukkig is, sal jy selfs ʼn otter of twee sien.

Die Pretoria Dieretuin

J.W.B. Gunning het die Pretoria Dieretuin  op die plaas Klein Schoemans Dal begin. Later is dit aan Johannes Francois Celliers verkoop, wat dit hernoem het na “Rus in Urbe”. Die staat het dit in 1895 in besit geneem en sedert 1916 is dit die nasionale dieretuin en word deesdae amptelik die National Zoological Garden genoem.

Die Dieretuin beslaan 85 hektaar en is die grootste dieretuin in Suid-Afrika. Boonop is dit een van die top agt dieretuine ter wêreld. Dit huisves ʼn wye verskeidenheid diere van regoor die wêreld, waaronder kangaroes, bere, pikkewyne, tiere en die swart renoster. Die slangpark is indrukwekkend, en ʼn rit op een van die kabelkarretjies gee jou ʼn asemrowende uitsig oor die natuurskoon. Daar is ook piekniek- en braaifasiliteite langs die Apiesrivier wat deur die dieretuin vloei.

Ditsong National Museum of Natural History

Die meuseum is in Desember 1892 begin. Dit is die enigste natuurhistoriese museum in Gauteng en beskik onder andere oor hominiede (mensagtige) fossiele uit die Wieg van die Mensdom. Die fossiel Mevrou Ples, wat in 1947 deur dr. Robert Broom ontdek is, is een van besoekers se gunstelinge. Die Austin Roberts Voëlsaal stal ongeveer 800 Suid-Afrikaanse voëlspesies met hul voedingspatrone en gewoontes uit. Daar is ook ʼn uitstalling van stene, minerale en kristalle van regoor die wêreld. Jy kan selfs eensellige organismes en ʼn stukkie maanklip onder oë kry. Die museum huisves ook ʼn biblioteek.

Ludwig’s Roses

Ludwig het sy roosplaas in Maart 1971 begin. Dit is ʼn familieonderneming en het tans 130 mense in diens. Ludwig Taschner, na wie hierdie kwekery vernoem is, is tydens die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland gebore. Rose is reeds van vroeg af sy passie, en hy het waardevolle ervaring opgedoen terwyl hy by kwekerye in Wes-Duitsland, Engeland en Switserland gewerk het. Ludwig het in 1962 na Pretoria gekom en het by ʼn ander kwekery gewerk totdat hy in 1971 sy roosplaas in die Noorde van Pretoria gevind het.

Ludwig’s is een van die roosplase met die grootste verskeidenheid roosbome ter wêreld. Hulle restaurant bedien heerlike ontbyt, ligte etes en vele meer. Gerieflik naby die restaurant is ook ʼn speelgrond vir die kleinspan. As jy jou tuin wil opkikker, of sommer net die betowerende reuk van vars rose en ʼn koppie koffie saam met jou gesin wil geniet, is Ludwig se roosplaas die plek vir jou.

 

Hierdie aangepaste artikel het in sy oorspronklike vorm op De Afrikander Handelshuis se webtuiste verskyn. De Afrikander Handelshuis is jou eenstopwinkel vir alles wat uniek en Afrikaans is. Plaaslike aflewering per koerier vind binne drie werksdae plaas. De Afrikander Handelshuis lewer ook binne sewe werksdae reg oor die wêreld af. Die webtuiste is daarom ideaal vir die stuur van unieke Suid-Afrikaanse produkte op eie bodem en internasionaal. Besoek hulle by www.afrikander.com en plaas sommer vandag nog ʼn bestelling.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest