Leesvordering:

RAY DYLAN SE NUWE TREFFER, BY JOU VOETE LÊ, IS EEN VAN DAARDIE LIEDJIES WAT DIE DANSVLOER GAAN LAAT GONS!

Apr 16, 2021

Bewonderaars wat al lank uitsien na ’n lekker Ray Dylan-treffer van ouds kan solank nader skuif, want met sy splinternuwe enkelsnit – BY JOU VOETE LÊ – bewys hy weereens hoekom hy as die kroonprins en kitaarkoning van Afrikaanse sokkie beskou word.

Hierdie voetjeuklekker-popsnit, wat hy gedurende grendeltyd saam met Piet Farrell geskryf het, is geïnspireer deur een van sy vriende se ervarings oorsee en gaan oor Suid-Afrikaanse boere wat in ander lande werk en huistoe verlang.

“Ek het gevoel dat ek na veertien jaar vir my mark en ondersteuners moet wys dat ek steeds by my klank en musiekstyl hou,” verduidelik die twee-en-veertig-jarige ster. “Dit is belangrik om jou aanhangers te ken en te weet wat hulle verwagting is. Ek is seker daarvan dat ek hulle nie gaan teleurstel met my nuutste vrystelling nie. BY JOU VOETE LÊ is een van daardie liedjies wat die dansvloer gaan laat gons.”

Dié opwindende nuwe lied word gekomplementeer deur ’n ewe indrukwekkende musiekvideo, wat in Parys verfilm en deur Wian van der Walt van Vonk vervaardig is. Dit vertel die verhaal van ’n paartjie wat al lank by mekaar is en die man het terugflitse van goeie herinneringe wat hulle saam gehad het.

“Ons wissel tussen optredeskote en terugflitse van die paartjie wat saam iets lekker doen, soos piekniekhou of bootry,” verklap Wian. “Ek het dit die meeste geniet om die boot- en motorfietstonele te skiet, omdat dit ’n vars en dinamiese element tot die video voeg.”

Buiten vir Ray, wat in verskeie optredetonele verskyn, is Samantha Maritz en Antonio Abreu ook te sien as die paartjie in die terugflitse.

Kyk die video hier: https://youtu.be/6tVZp-7deog

BY JOU VOETE LÊ volg in die suksesvolle voetspore van Ray Dylan se vorige treffer, Torrabaai, wat in 2020 vrygestel en baie goed ontvang is. Volgens hom, was hy so verras oor hoe mense op hierdie enkelsnit gereageer het dat hy dadelik aan die volgende een wou begin werk.

Ray Dylan is al versot op musiek vandat hy ’n tjokkertjie is en het op die ouderdom van drie begin kitaar speel. Hy was maar twaalf jaar oud toe hy saam met Bles Bridges begin toer en optree het en het oor die afgelope drie-en-dertig-jaar nog nooit getwyfel oor wat hy met sy lewe wil doen nie.

Hierdie SAMA-bekroonde musikant het oor die jare verskeie goue- en dubbelplatinumstatus-albums en -liedjies uitgereik en is veral bekend vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en meer.

Hy woon tans in Vredefort en beskou die geleentheid om deel te kon wees van groot konserte soos Skouspel en Krone en om oorsee te kon optree as van die grootste hoogtepunte van sy loopbaan sover.

Hy werk tans aan ‘n splinternuwe album waarmee hy binnekort wil gaan toer en sien uit daarna om in die nabye toekoms saam met Juanita du Plessis te werk.

BY JOU VOETE LÊ is maar net die begin van ’n hele paar groot en opwindende dinge wat dié superster vir die toekoms beplan en gaan beslis koning kraai op dansvloere en treffersparades regoor die land.

Laai die liedjie hier af: https://raydylan.lnk.to/ZQM8rDKr

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebookhttps://www.facebook.com/raydylan

Instagram – @raydylanmusic

Webbladwww.ray-dylan.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest