Leesvordering:

Regering gereed om Covid-19-gesondheidsregulasies te skrap ná volgehoue druk deur AfriForum

Jun 22, 2022

Weens volgehoue druk en dreigende regstappe deur die burgerregteorganisasie AfriForum en ander organisasies, gaan die regering na bewering die Covid-19-gesondheidsregulasies herroep. Dit sal ’n oorwinning wees teen die regulasies met betrekking tot die dra van maskers, beperkings op openbare byeenkomste en reis na Suid-Afrika, wat AfriForum aanvoer onwettig en irrasioneel is.

Nadat die ramptoestand beëindig is, het die regering die Covid-19-maatreëls met ’n verdere 30 dae verleng. Toe hierdie 30 dae egter verstryk het, het die regering ter elfder uur nuwe tydelike regulasies gepubliseer. AfriForum was die eerste organisasie wat sy regsaansoek teen die regulasies ingedien het. Indien die regulasies nie geskrap word nie, sal AfriForum se hofsaak op 26 en 27 Julie 2022 aangehoor word.

“Die herroeping van die regulasies sal die krag van burgerlike organisasies soos AfriForum toon om die regering se magsmisbruik teen te werk. Ons is daarvan oortuig dat die regering nie hierdie irrasionele en onwettige regulasies sou herroep het as dit nie vir AfriForum se dreigende regstappe was nie,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Benewens die feit dat die huidige maatreëls na bewering in die proses is om herroep te word, het die regering verdere verreikende konsepwysigings aan die Nasionale Gesondheidswet 61 van 2003 en die Wet op Internasionale Gesondheidsregulasies 28 van 1974 gepubliseer waarvan die kommentaartydperk tot 5 Augustus 2022 verleng is. AfriForum is aan die voorpunt in die stryd teen die regering se verreikende regulasies wat veronderstelde tydelike Covid-19-maatreëls permanent in die wet sal verskans. Saam met die openbaredeelnameplatform DearSA het die organisasie sowat 310 000 kommentare ingesamel en by die regering ingedien om hierdie konsepwysigings teen te staan.

“Ons fokus verskuif nou na die stryd teen die voorgestelde gesondheidsregulasies. Ons doen ’n beroep op lede van die publiek om ons te ondersteun deur hul kommentaar aan die regering op ons webtuiste in te dien om die regulasies teen te staan. Dit is ’n groot struikelblok wat ons saam moet oorkom om vryhede aan die mense van hierdie land te herstel. As die regering voortgaan met hierdie regulasies ten spyte van die openbare oproer, sal ons geen ander opsie hê as om weer regstappe te neem nie,” sluit Duvenage af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest