Leesvordering:

Reisversekering: ’n moet-hê as jy die wêreld wil sien

Nov 17, 2023

Wanneer jy ’n reis beplan, is noodsaaklikhede seker die belangrikste om in te pak. Behalwe vir klere, selfoonlaaiers en toiletware is ’n goeie reisversekeringsplan ’n moet-hê as jy die wêreld wil sien!

’n Reisversekeringsplan dek die risiko van onverwagte situasies terwyl jy weg is. Dit sluit natuurrampe, persoonlike beserings, siekte en selfs terrorisme in.

Wie benodig reisversekering?

Verskeie soorte reisversekering is beskikbaar. Dit dek van kansellasies tot mediese noodgevalle. Hoeveel dit jou uit die sak gaan jaag, hang af van wat in die plan ingesluit is. Dit is belangrik om presies te weet wat jou plan dek en nie dek nie.

Vra jouself die volgende af wanneer jy ’n reisversekeringsplan uitneem:

  1. Is jy bereid om deposito’s te verloor in geval van ’n kansellasie?
  2. Is jy bereid om uit jou sak te betaal indien jy vroeër moet terugkeer?
  3. Is jy bereid om die rekening vir mediese noodgevalle dadelik te betaal?
  4. Het jy ’n kredietkaart of algemene versekering wat reisversekering insluit?

Indien jy “nee” geantwoord het op meer as een van die bogenoemde vrae, sal dit wys wees om ’n reisversekeringsplan aan te skaf voordat jy op die vliegtuig klim.

Soorte reisversekering

  1. Kansellasieversekering

Kansellasieversekering dek jou wanneer onvoorsiene omstandighede jou verhoed om op jou reis te gaan. Dit sluit onder andere siekte, besering en dood van ‘n familielid in.

Wanneer jy kansellasieversekering oorweeg, is dit goed om na te dink oor die hoeveelheid geld wat jy klaar spandeer het voordat jy die reis aanpak. Indien jy klaar vele onkostes aangegaan het vir die reis, is hierdie versekering ’n goeie idee.

  1. Mediese reisversekering

Mediese reisversekering bied verskeie soorte dekking. Mediese ontruiming dek die koste wanneer jy na die naaste mediese sentrum of na jou tuisland vervoer moet word vir behandeling as gevolg van ’n besering en/of siekte. As jy op ‘n reis vol avontuur gaan, maak seker dit dek avontuurreise.

Hou in gedagte dat jy dalk vooraf sal moet betaal vir mediese versorging en dit dan later terugeis van jou versekeraar. Voordat jy wegspring en aansoek doen vir mediese reisversekering, loer eers wat jou algemene versekering dek wat betref mediese sorg.

  1. Verloor en/of vertraging van bagasie

Hierdie soort versekering beskerm jou wanneer jou bagasie verlore raak en wanneer dit vertraag of gesteel word. Dit sluit gewoonlik ’n kontantbetaling in indien jou bagasie meer as 12 uur na jou aankoms steeds nie opgedaag het nie.

  1. Vlugvertraging of -kansellasie

Dit sorg gewoonlik dat jou akkommodasie, etes en nuwe reisreëlings betaal word sodra jou reis vir ’n sekere tydperk vertraag is.

  1. Reisdokumentasiebeskerming

Reisdokumentasieversekering sal in werking tree as jy jou paspoort en/of ander dokumente moet vervang indien jy dit verloor het of as dit gesteel is.

Lees die polis

As jy reisversekering uitneem, is dit jóú plig om na te gaan watter noodgevalle gedek word. Sorg dat jy die proses verstaan sodat jy weet wat om te doen indien jy ’n eis moet instel of van mediese dienste moet gebruik maak.

Oor sekere ouderdomme word bepaalde siektetoestande dikwels uitgesluit. Alle aktiwiteite word ook nie noodwendig gedek nie ‒ as jy byvoorbeeld gaan ski in Switserland, sal eise wat met jou gebreekte been verband hou, dalk verwerp word, omdat die betrokke polis ski as hoë gevaar aktiwiteit klassifiseer. In areas waar mense ontvoer word, dek polisse soms net enkele dae se onderhandeling met die kriminele of terroriste, terwyl onderhandelings maande mag duur. Lees die opsies noukeurig deur voor jy versekering uitneem, maar moenie daarsonder vertrek nie.

Sommige reisversekeringsplanne dek nie tandheelkunde, swangerskapimplikasies of vliegtuigkaartjies wat met punte gekoop is nie, daarom is dit baie belangrik dat jy die fynskrif lees.

Hoeveel gaan reisversekering jou uit die sak jaag?

Die koste van ’n jaarlikse reisversekeringsplan hang af van die reisiger se ouderdom, die lengte van die reis, reiskoste, wat die plan alles insluit en die limiete op dekking.

Het jy geweet reisversekering kan die volgende situasies ook dek?

Jou reisversekering hoef nie aan die einde van jou reis te eindig nie. Jy kan dit verleng indien jy beplan om langer te reis. As jy enkel dekking het, kan jy die plan verleng soos dit jou pas.

As ’n noodgeval jou weghou van jou huis, kan jou reisversekering voorsiening maak vir basiese onkostes soos akkommodasie, etes en vervoerkoste.

Reisversekering hoef nie vir ’n enkele reis uitgeneem te word nie. As jy beplan om meer as twee keer per jaar uitstedig te wees, kan jy ’n dubbele reisplan uitneem wat minder kos.

Die bekende gesegde “eerder bang Jan as dooie Jan” is van toepassing op reisversekering. Die meeste reisigers pak hul tasse vir ’n onvergeetlike vakansie en die reisversekering in jou tas sal jou die gemoedsrus gee wat jy benodig.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest