Leesvordering:

Resensie: Anton Goosen – Liedijeboer deur Hanlie Retief

Jan 20, 2021

’n Langpadreis is nie volmaak sonder ’n paar Anton Goosen treffers nie. Sy bydra tot Afrikaanse musiek is onoortreflik en jy gaan vêr moet soek om iemand te kry wat nie ’n liedjie ken wat deur Anton Goosen geskryf is nie. Dis natuurlik ook in ’n groot mate te danke aan die liedjieboer dat ons vandag groepe soos F**kofpolisiekar, Heuwels Fantasties en ander het om na te luister – hy het immers die eerste Afrikaanse rockliedjie ooit geskryf en bekendgestel.

In Liedjieboer word Anton Goosen se lewe bladsy vir bladsy in 301 blaaie uiteengesit. Van sy grootwordjare, onderwysjare en probleme met sy pa to sy eerste huwelik en die oomblik wat hy besef het sy lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Deur lief en leed neem hy ons, met behulp van die skryftalente van Hanlie Retief, deur sy lewe. Die hartseer oomblikke bly egter nooit te lank nie, want dit word deurentyd met ’n tikkie humor verbloem. Mens word saam hartseer, deel in die liefde, word saam kwaad en jy raak sommer nostalgies oor die vroeë era van Afrikaanse rock en popmusiek al het jy dit self nie geken nie. Nog nooit wou ek so graag by Houtstok wees soos toe ek daardie deel van die boek gelees het nie.

Goosen skroom nie om sy eie foute ook uit te wys nie en soms lees die boek meer soos ’n belydenis maar dit is juis dit wat die teks so bindend maak. Jy sal nie een keer die idee kry dat hy soos ’n kapokhaan wil pronk oor sy suksesse nie, inteendeel is hy baie nederig daaroor maar erken wel dat sy trots in die verlede hom ’n paar duur pryse laat betaal het. Jy gaan met nuwe oë na Goosen en ’n hele paar ander Afrikaanse bekendes kyk. Verbasende inligting en interessante staaltjies maak dat jou vingers gaan brand om bladsy na bladsy te blaai. Hou maar ’n naweek van niksdoen eenkant vir hierdie boek sodat alledaagse dinge nie inmeng in die leesproses nie.

Van al die boeke wat ek in 2020 gelees het, was dié een beslis my gunsteling.

Anton Goosen

Liedjieboer

Hanlie Retief

ISBN:

9780624089735

Epub ISBN:

9780624089742

Publisher:

Tafelberg

Date Released:

June 2020

Price (incl. VAT):

R 290.00

 

Meer oor die outeur

Chante Kelder-Jansen van Rensburg

Chanté Kelder-Jansen van Rensburg is 'n mediaskakelbeampte by AfriForum. In haar vrye tyd hou sy daarvan om boek te lees en ook om self so bietjie te skryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest