Leesvordering:

Resep: Lamskerrie

Apr 11, 2021

Marinda Kook ‘n lekker Lamskerrie.

Bestanddele

  • 1,5 kg lamsvleis (nek en skenkels)
  • 2 uie in ringe gesny
  • 30 ml olie
  • 5 knoffelhuisies fyngedruk
  • Gemmer duim grootte gerasper
  • 10 ml koljander
  • 10 ml komyn
  • 10 ml rissievlokkies
  • 15 ml asyn
  • 15 ml suiker
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 15 ml borrie
  • 30 ml sterk kerrie
  • 1 steranys
  • 3 kardemonpeule gekneus
  • 1 blikkie tamatiepuree
  • 250 ml stock (1 blokkie opgelos in 250 ml kookwater)
  • Sout en peper
  • 3 aartappels in blokkies gesny

Metode

  1. Braai die ui liggies in olie
  2. Braai nou die knoffel en gemmer saam met die uie
  3. Braai die kerrie, borrie komyn, koljander saam met die ui.
  4. Gooi die vleis by en braai vinnig deur speserye
  5. Meng die res van die betanddele en gooi by die vleismengsel
  6. Sit die deksel op en laat dit prut vir 45 minute. Proe nou of jy nog rissies, suiker of asyn wil byvoeg.
  7. Gooi nou die aartappels by.
  8. Kook totdat die vleis en aartappels sag is.
Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest