Leesvordering:

Resep: Veganistiese klappermelktert

Feb 26, 2020

Deur Mariza Ebersohn

Ek gee jou die versekering dat veganistiese klappermelktert die ware Jakob is. Kan jy hierdie geliefde nagereg op ’n gesonde manier voorberei? Ja, jy kan inderdaad. Dit is ’n tradisionele nagereg wat baie ooreenstem met vla-randtert. In my huis probeer ek om resepte gesonder voor te berei, selfs al hou ek van die ou gunstelinge net soos hulle is. Ek hou van klappermelk en het daarom altyd ’n paar blikkies in my kombuiskas om iets aanmekaar te slaan indien nodig.

Melktert is ’n uiters tradisionele nagereg wat baie geliefd is in Suid-Afrika en deur sy inwoners vereer word. Dit het gewoonlik ’n verkrummelde koekie-agtige kors wat gevul is met hierdie heerlike vlavulsel, waarna dit met kaneel gesprinkel word. Dit word gewoonlik laatmiddag voorgesit saam met ’n koppie tee. Daar is ’n hele paar weergawes wat nogal gewild is, soos karamelmelktert, fillokorsmelktert en selfs minimelkterte. Alle weergawes, veral myne, is nogal lekker!

Aangesien die winter net om die draai is, is ek besig om alle winterdisse uit te toets wat binnekort weer populêr gaan wees. Kaneel is ’n geliefde spesery wat ek by die meeste van my ontbyte, kerries en skommeldrankies voeg.

Die resep is supermaklik vir diegene wat gedruk is vir tyd en ’n gesonde versnapering byderhand wil hê.

So, melktert vir enigiemand?

Resep

Bestanddele

Kors

  • 2 koppies gesnipperde klapper
  • 1 koppie hawermout
  • 1/3 koppie esdoringstroop of klappersuiker
  • 1/3 koppie klapperolie
  • ’n Knippie sout
  • 2/3 koppie geweekte cashew neute of geroosterde amandels

Vulsel

  • 2 koppies amandelmelk
  • 1 1/2 blikkie klappermelk
  • 2 e. Maizena/mielieblom of pylwortelmeel
  • 2 e. esdoringstroop
  • 5 ml vanieljegeursel
  • ’n Knippie sout
  • Kaneel
  • Vars vye (opsioneel)

Metode

Kors

  1. Plaas die klapper, neute en hawermout in ’n menger of voedselverwerker en meng totdat dit ’n gladde tekstuur kry.
  2. Meng die gesmelte klapperolie en esdoringstroop saam en voeg dit dan by die meelmengsel.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en druk hierdie kors plat op ’n koekpan wat met perkamentpapier uitgevoer is.
  4. Bak vir 20 minute teen 180˚C tot bruin.

Vulsel

  1. Meng die klappermelk en amandelmelk saam en verhit dit in die mikrogolf vir omtrent 15–20 minute totdat dit kookpunt bereik.
  2. Terwyl die melk verhit word, meng die mielieblom, ’n bietjie amandelmelk, vanielje, klapperolie en die esdoringstroop saam.
  3. Haal die melk uit die mikrogolf en voeg dan hierdie deegmengsel by, asook die knippie sout.
  4. Plaas dit weer terug in die mikrogolf teen 100% krag vir omtrent 15–20 minute, terwyl jy elke 5 minute daaraan roer totdat die mengsel begin dik word.
  5. Sodra dit dik is, gooi dit oor die afgekoelde kors en plaas in die yskas totdat dit gestol het.
  6. Haal uit voordat dit koud word en sprinkel dan ’n bietjie kaneel oor.

Jy kan Mariza se blog, Life in the South, hier lees en haar ook op sosiale media volg. 

Meer oor die outeur

Mariza Ebersohn

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest