Ek en ‘n groep vriende het besluit om die Royal Operahuis in Muscat te besoek om na ‘n dansopvoering genaamd “The Silk Road” te kyk. Hierdie dansskouspel vertel die storie van ‘n Arabiese seevaarder wat verskillende kulture en erfenisse ontdek soos wat hy al langs die Silk Road reis. Dit was ‘n goeie vertoning en ons het dit terdeë geniet! Op pad terug na ons hotel, het ons ʼn pragtige moskee teëgekom.

Die volgende dag het ons gestop om ‘n paar Suid-Afrikaanse vleisprodukte te koop. Daar is niks soos biltong en droëwors vir die langpad terug na Sohar nie!

Phillip Grobler is ‘n onderwyser in Oman gedurende die skooltermyn, maar ‘n reisiger en fotograaf wanneer hy ook al die geleentheid kry! Die reisgogga het hom gebyt die heel eerste keer toe hy op ‘n vliegtuig geklim het vir sy eerste vlug. Vandaar was daar geen omdraaikans meer nie! Besoek  www.saffatravels.com om meer van Phillip se blogs en pragtige foto’s te sien.

 

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd admin
Wêreldwyd admin

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest