Leesvordering:

Rubriek: Binnelandse sake navrae

Sep 11, 2019

Kan buitelandse burgers aansoek doen vir ʼn slim ID-kaart?

Permanente verblyfpermithouers (buitelandse burgers wat meer as 5 jaar op ’n tydelike permit in Suid-Afrika woon en nou permanente verblyf verkry het) kwalifiseer nie vir ’n nuwe slim ID-kaart nie. Daar sal wel in ’n latere stadium vir hulle geleentheid gee word om aansoek te doen. Dieselfde geld ook vir geneutraliseerde burgers (nie ’n burger by geboorte nie, maar het Suid-Afrikaanse burgerskap verkry).

Ek wil met my kind na die buiteland reis, moet hy ʼn volledige geboortesertifikaat hê?

Indien jou kind jonger as 15 jaar is, moet jy steeds sy geboortesertifikate byderhand hou as julle saam reis.

Kan ek aanlyn aansoek doen vir my kind se paspoort?

Gelukkig kan jy nou ook aanlyn aansoek doen vir jou kind se paspoort en is dit nie meer nodig om ure in ’n ry by Binnelandse Sake te gaan staan nie! Al wat jy nodig het om te begin, is internettoegang, jou ID en toegang tot jou internetbankdienste. Gebruik dié skakel om seker te maak wat dit jou uit die sak gaan jaag voor jy begin: http://www.dha.gov.za/index.php/fees.

Kry hier nog raad:
Besoek Wêreldwyd se webtuiste by www.wereldwyd.co.za. Jy kan ook inteken op die Kollig-nuusbrief en só op hoogte van migrasiesake bly.

Stuur voorstelle en versoeke na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest