Leesvordering:

SA ekspats wat meer as R1 miljoen verdien

Nov 2, 2017

Almal weet teen dié tyd dat SARS ʼn deel van die Artikel 10(1)(o)-belastingvrystelling wil wegneem. Hierdie vrystelling stel Suid-Afrikaners tans vry van belasting indien hulle langer as 183 dae in die buiteland werk, mits ʼn deel van die 183 dae een aaneenlopende tydperk van 60 dae is. Twee belangrike hersienings is aan die aanvanklike voorstel aangebring:

  • ʼn vrystelling van R1 miljoen rand per jaar om die potensiële impak op SA belastinginwoners wat in die buiteland gebaseer is te verlig; en
  • ʼn verlenging van die implementeringsdatum tot 1 Maart 2020 om ekspats addisionele tyd te gee om hul finansiële sake te reël.

Die hersiening van die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette voor die tertafellegging daarvan is onderworpe aan finale goedkeuring.

Ek het onlangs verskeie navrae ontvang van Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk. Daaruit blyk dit duidelik dat die meeste mense nie die voorgestelde verandering verstaan nie. Baie dink dit is op hulle van toepassing terwyl dit nie is nie. Dit is slegs van toepassing op Suid-Afrikaners wat geag word Suid-Afrikaanse belastinginwoners te wees.

Die vraag is dus: Is jy ʼn Suid-Afrikaanse belastinginwoner?

Dis nie altyd maklik om hierdie vraag te beantwoord nie. As jy al langer as vyf jaar voltyds in die buiteland werk, behoort jy nie geag te word ʼn SA belastinginwoner te wees nie. As jy slegs een jaar in die buiteland was, kan jy ook as ʼn nie-inwoner kwalifiseer vir belastingdoeleindes, afhangende van jou omstandighede. Niemand wie se eggenoot steeds in SA woon, sal egter as ʼn nie-inwoner vir belastingdoeleindes beskou word nie aangesien hy/sy nog steeds na sy omswerwinge na SA sal terugkeer.

Normaalweg ʼn inwoner

Vir die bepaling van ʼn individu se normale status verwys die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na verskeie hofsake waarin “normale inwonerskap” bepaal is. Die konsep is byvoorbeeld geïnterpreteer as die land waarheen ʼn mens noodwendig en van nature na jou omswerwinge sal terugkeer. In ʼn ander geval is daar bevind dat ʼn persoon gewoonlik woonagtig is in die plek waar hy ʼn gevestigde bestaansroetine het en waar hy gereeld, normaalweg of gewoonlik woon. Daar word ook verwys na waar hy in werklikheid gevestig is en sy gewone leefwyse handhaaf wat draai om sy verhoudings, belangstellings en gerief.

Regdeur die hofsake is daar verwysings na die permanensie van normale inwonerskap, dit wil sê waar die permanente woonplek van die persoon is en dat die woonplek seker en gevestig moet wees en nie tydelik nie. Dit moet die plek wees waarheen jy na jou omswerwinge terugkeer en wat die naaste is aan jou sake- en persoonlike belange.

Die howe het bevind dat die vraag of ʼn belastingpligtige gedurende ʼn bepaalde tydperk geag kan word ʼn “normale inwoner” van ʼn bepaalde plek te wees gradeerbaar is en dat ʼn mens daarop geregtig is om sy lewenswyse na die betrokke tydperk ook in ag te neem. Die persoon se omstandighede moet as ʼn geheel ondersoek word sy persoonlike optrede moet spesiale aandag geniet.

Of ʼn persoon gewoonlik in ʼn land woon, moet op grond van feite bepaal word en elke geval moet op sy eie beoordeel word. Dit is nie moontlik om vaste reëls neer te lê nie. Daar moet wel aan die volgende twee vereistes voldoen word:

  • ʼn voorneme om ʼn normale inwoner te word; en
  • stappe wat dui op die erns van hierdie voorneme is geneem of word geneem.

ʼn Persoon se “normale inwonerskap” word deur ʼn kombinasie van faktore bepaal. Die volgende faktore is relevant wanneer bogenoemde twee vereistes beoordeel word:

  • die vasste en mees gevestigde woonplek;
  • gewone woonplek, d.w.s. vir huidige gewoontes en lewenswyse;
  • plek van sake- en persoonlike belangd;
  • die individu se status in die land, dit wil sê immigrant, permanente verblyf, ens.;
  • plek van persoonlike besittings;
  • nasionaliteit;
  • gesins- en sosiale verhoudings (skole, kerk, ens.);
  • politieke, kulturele en ander aktiwiteite;
  • tydperke in die buiteland, doel en aard van besoeke; en
  • die frekwensie en redes vir besoeke.

As jy nie seker is of jy vir belastingdoeleindes ʼn inwoner van SA is nie, kontak die belastingkonsultant Fanus Jonck (tax@jonck.net) vir advies.

Meer oor die outeur

Fanus Jonck

Fanus Jonck is 'n ervare belastingskonsultant. Kontak hom gerus vir enige belastingsverwante navrae deur 'n e-pos te stuur na tax@jonck.net

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest