Leesvordering:

SA se Michelinster-sjef nou op ShowMax!

Okt 26, 2017

Vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse televisie kom daar ’n eksklusiewe kosreeks wat die werk en wêreld verken van Jan-Hendrik van der Westhuizen, Suid-Afrika se eerste Michelinster-sjef. In Jan nooi dié bekroonde sjef en kulinêre genie DStv-kykers om te kyk hoe hy die Franse en Suid-Afrikaanse kookkuns bymekaarbring in sy restaurant, JAN, in Nice, Frankryk. Die program begin Dinsdag 24 Oktober op VIA (DStv-kanaal 147) en tegelykertyd op ShowMax.

In dié program kry kykers ’n intieme blik op die lewe van die skeppende kunstenaar, asook die proses waardeur Jan-Hendrik inspirasie kry vir sy bekroonde kosskeppings. Ons ontdek hoe sy kinderdae op ’n melkplaas in Mpumalanga hom voorberei het om sy restaurant in die hoofstad van die koswêreld te open en drie jaar later die hoogste toekenning in die restaurantwese te ontvang.

“Jan-Hendrik van der Westhuizen is een van Suid-Afrika se uitvoergoedere waarop ons bitter trots is en om sy binnewêreld via die kameras te verken, is ’n groot eer,” sê Izelle Venter, kanaalhoof van VIA. “Omdat die program in Afrikaans, Engels, Frans en Italiaans is, het die hele reeks Engelse onderskrifte. Almal kan dus saam kyk.”

Die program begin by sy spogrestaurant aan die Franse Riviera waar Hollywood-sterre, internasionale sportpersoonlikhede en ander BBP-gaste toustaan vir ’n sitplek. Die kameras volg hom dan na die klein Italiaanse dorpie Apricale waar hy sy batterye gaan laai en besonderse bestanddele verken saam met plaaslike karakters. Elke reeks eindig met ’n beeldskone gereg wat geïnspireer is deur die episode se karakters en bestanddele – gewoonlik met ’n stewige skeut Suid-Afrikaansheid by.

“My restaurantgaste moet nie net sê hulle het lekker geëet nie – hulle moet sê hulle het ’n goeie ervaring gehad. Dis dieselfde met die reeks: Ons neem kykers op ’n visuele en sensoriese reis. As kykers sê die program is ook vir hulle ’n ervaring, dan het ons ons werk gedoen,” sê Jan-Hendrik, wat spesiaal vir die reeks se bekendstelling na Kaapstad kom.

Nuwe episodes van Jan wys elke Dinsdag om 19:30 met heruitsendings op Sondae om 20:30. Die program is tegelykertyd op ShowMax beskikbaar. Die program bestaan uit nege episodes van 50 minute elk in Afrikaans, Frans en Italiaans met Engelse onderskrifte. Caesarstone is die program se uitsaaivennoot.

Die program is vervaardig deur Carien Loubser van Brainwave Productions, wat bekend is vir TV-programme soos Bobby en Karlien: In jou skoene en die KykNET-treffer Republiek van Zoid-Afrika.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest