Leesvordering:

Seisoenale gemoedsversteuring – die donker wintertonnel

Jan 19, 2022

Daar is lig aan die einde

Wat is seisoenale gemoedsversteuring?

Dit is normaal om effens bedruk te voel tydens die wintermaande. Dis nie ’n vreemde verskynsel nie – veral onder Suid-Afrikaners wat in lande soos Ierland woon waar wintermaande gepaard gaan met langer nagte en lang tydperke wanneer die son nie skyn nie. Vir sommiges is die gevoel iets wat kom en gaan, maar verlengde en herhaalde periodes van verlaagde gemoedere kan dalk op iets meer ernstig dui.

Seisoenale gemoedsversteuring (Seasonal Depressive Disorder of SAD) word gekenmerk deur simptome wat elke jaar op dieselfde tyd ervaar word, gewoonlik tydens herfs en winter. Kenners glo dat die versteuring veroorsaak word deur sirkadiese ritmes wat omgekrap word – dit wil sê ’n versteuring in die liggaam se 24-uur slaap-wakker-siklus, wat deur sonlig gereguleer word. Die versteuring van die liggaam se bioritme beïnvloed nie net slaapsiklusse nie, maar ook gemoed en hormoonbalans. Ander bronne maak die veronderstelling dat minder sonlig ook beteken dat minder vitamien D in die liggaam geproduseer word.

Gevalle van SAD kom meestal in lande voor wat ver noord of suid van die ewenaar geleë is, omdat mense daar groter veranderinge in die hoeveelheid daglig ervaar. Dit is beslis iets wat Suid-Afrikaners in ag moet neem indien hulle daaraan dink om te emigreer na lande soos Ierland, Brittanje, Denemarke, Kanada, ensovoorts, verál indien hulle ’n geskiedenis het van gemoedsversteurings of geneties geneig is daartoe.


Simptome en behandeling

Indien jy, of iemand wat jy ken, enige van hierdie simptome toon tydens die wintermaande kan dit ’n aanduiding wees dat seisoenale gemoedsversteuring betrokke is:

  • Depressie
  • Verlaagde energievlakke
  • Hipersomnie (te veel slaap) of slapeloosheid
  • Behoefte aan koolhidrate
  • Geneigdheid om te ooreet en gewig op te tel
  • Interpersoonlike probleme en sosiale onttrekking
  • Psigomotoriese irritasie of vertraging
  • Konsentrasie, gedagte- en besluitnemingsprobleme
  • Verlaagde lewenslus

Daar is egter sekere bepalende faktore wat in ag geneem moet word tydens die diagnose van seisoenale gemoedsversteuring. Die persoon moet byvoorbeeld vir twee agtereenvolgende weke vyf van die bogenoemde simptome ervaar. Dit is dus belangrik dat mense wat vermoed dat hulle hieraan ly, professionele hulp soek sodat hulle die regte behandeling daarvoor kan kry.

Die goeie nuus is dat seisoenale gemoedsversteuring behandelbaar is. Die algemeenste behandeling sluit ligterapie, medikasie en psigoterapie in. Dit is egter ook belangrik dat individue goeie hanteringmeganismes aanleer. Daar is egter wel hoop dat ’n mens goeie geestesgesonheid kan geniet in hierdie lande. Nordiese lande soos Finland, Denemarke, Noorweë, Ysland en Swede word herhaaldelik aangewys as van die gelukkigste lande in die wêreld volgens die “World Happiness Report”. Tog is al hierdie lande ver noord en ervaar almal buitengewone lang tye van donkerte in die winter.


Doen dit soos die Nordiese mense

“Hygge” is ’n gonswoord wat ons herinner dat daar lig is aan die einde van die donker wintertonnel. Die woord vind sy oorsprong in Deens – ’n snoesigheid en gemaklike geselligheid wat iemand tevrede en behaaglik laat voel. Dit word as ’n bepalende kenmerk van die Deense kultuur beskou. Die woord word losweg vertaal na “koselig”, en “mys” in ander Nordiese tale.

Kenners meen ’n mens se ingesteldheid is een van die bepalende faktore in die stryd teen seisoenale gemoedsversteuring en hoe die Nordiese mense dit oorwin. Volgens navorsing wat in die noorde van Noorweë gedoen is deur Kari Leibowitz, ’n PhD-kandidaat aan die Stanford Universiteit, is die Nordiese houding teenoor die winter dat dit iets is wat geniet moet word, eerder as om net te oorleef. Die navorsing het ook gevind dat die mense daar aktief bly en tyd buite deurbring tydens die kort sonligure, om gemoedsversteuringe te bekamp.

’n Positiewe houding maak natuurlik nie alles reg nie, maar dit is een manier om die “winter blues” te probeer keer voordat dit in iets meer ernstig soos seisoenale gemoedsversteuring ontaard. Ons moedig ons mede-Saffas aan om wel mediese hulp te soek indien simptome vererger.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest