Leesvordering:

Só bou ek ’n nuwe toekoms vir my en my ma!

Jul 12, 2021

Willem Hendrik Maritz stap elke oggend na die Bo-Karoo Opleidingsentrum (BKO) waar hy tans besig is met sy ambag in Bou- en Siviele Konstruksie. Een ding weet hy verseker: hy wíl sy kwalifikasie verwerf.

Maritz is as baba met hidrosefalus en Dandy Walker-sindroom gediagnoseer waarvoor hy ʼn ventrikuloperitoneale (VP-) omleiding moes kry. Dit het tot gevolg gehad dat hy nierprobleme ontwikkel het en vandag slegs een nier het met 80% nierfunksie.

Verder het Maritz op die ouderdom van twee ʼn ernstige breinbesering opgedoen toe ʼn staalhek op hom geval het. Hierdie breinbesering het tot gevolg gehad dat Maritz epilepsie ontwikkel het en van voor af moes leer loop, praat en selfs eet. Dit het Maritz ongeveer vier jaar geneem om hierdie alledaagse funksies weer aan te leer, maar te danke aan die deurlopende ondersteuning van sy ma, lei hy vandag ʼn bykans normale lewe.

Hy het ook as baba sy pa verloor en alhoewel sy ma ʼn studiepolis vir hom uitgeneem het, was dit nie genoeg om die volle driejaarkursus se studiekoste te dek nie. Willem Hendrik Maritz het egter nie toegelaat dat finansiële uitdagings in die pad van sy studiedrome staan nie. In 2020 het sy pad met die Helpende Hand Studietrust (HHST) gekruis en te danke aan die getroue donateurs van die HHST kon Maritz ʼn rentevrye studielening kry en sy studies aan BKO voortsit.

Die Helpende Hand Studietrust (HHST) is ʼn geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk wat ten doel het om studiehulp aan verdienstelike en behoeftige Afrikaanse studente te verleen in die vorm van rentevrye studielenings.

Het jy geweet jy kan ʼn behoeftige student – soos Willem Hendrik Maritz – se studiekoste vir 2022 help borg? Klik hier om uit te vind hoe jy betrokke kan raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest