Leesvordering:

So jy wil terugkom Suid-Afrika toe? Wonderlik! Begin by Werknet

Jun 3, 2020

Deur Paul Maritz

Omdat Solidariteit nog altyd poog om meer as net ‘n vakbond te wees, het ons oor die dekades heen konstant nuwe inisiatiewes uitgerol om hoop in ‘n hopelose situasie te skep, geleenthede te skep en saam ʼn toekoms te bou.

Een van die nuwe oplossings wat Solidariteit vir werksoekers bied, is Werknet.  Ons glo dat ons in ‘n verbond met mekaar staan, as taalgemeenskap, as kultuurgemeenskap, en natuurlik ook as werkgemeenskap.  Werknet bring hierdie gemeenskappe bymekaar, en bied dus wonderlike geleenthede vir die Afrikaanse beroepsmark.

Solidariteit Werknet is ‘n gratis aanlynplatform waar werknemers en werkgewers mekaar in Afrikaans kan ontmoet. Hierdie platform maak dit vir jou as Suid-Afrikaner in die buiteland makliker as ooit om vir ‘n werksgeleentheid in Suid-Afrika te soek, in die woonbuurt van jou voorkeur, in jou spesialisveld, en dit alles gratis en in jou taal! Werknet bied ook ‘n reeks nommerpas opsies, sodat jy jou soektog kan filtreer om te pas by jou behoeftes.

Waarom Werknet eerder as ‘n ander aanlynportaal?  Werknet maak jou deel van Solidariteit se netwerk van werk.  Binne hierdie netwerk word jy deel van ‘n beroepsgemeenskap waar jy geleentheid het om jou kennis en vaardighede uit te brei en kan deel, kan netwerk en skouers skuur met ander in die beroep, en is die enigste plek waar jy kulturele geborgenheid gaan ervaar. Wat is die eerste stap na hierdie loopbaan toe?  Werknet.

Kyk gerus hierdie video oor hoe om ‘n CV op Werknet te laai, en hoe om vandag nog te begin soek na jou droomwerk.  Vir meer inligting, besoek  Werknet se webtuiste.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest