Leesvordering:

Solidariteit Beweging wil samewerking tussen SA en Hongarye bevorder

Jun 21, 2021

Die Solidariteit Beweging het die afgelope week saam met verteenwoordigers van verskillende bedrywe in Hongarye ʼn vereniging in Boedapest opgerig wat samewerking tussen Hongarye en Suid-Afrika sal bevorder. Dit volg nadat ʼn afvaardiging van die Beweging die afgelope twee weke met politici, sakeleiers, akademici en ander leiersfigure in Hongarye ontmoet het.

Die Hongaars-Suider-Afrikaanse Vriendskapsvereniging is formeel as ʼn vereniging by die owerhede in Hongarye geregistreer en sal verskeie projekte fasiliteer. Die Solidariteit Beweging het verlede jaar reeds besluit om sy Europese netwerk ook na Sentraal- en Oos-Europa uit te brei met ʼn eerste sterk fokus op die vier lande wat deel van die Visegrad-groep is, naamlik Pole, Hongarye, Slowakye en Tsjeggië. Die vriendskapsvereniging sal ʼn voltydse kantoor in Boedapest hê wat deur Hongare gefinansier word.

Tydens die onlangse besoek is met verskeie senior regeringsleiers in Boedapest oor uitdagings en geleenthede samesprekings gevoer. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale Skakeling by die Beweging, het die Beweging vyf belangrike doelwitte met internasionale skakeling. Eerstens is dit om kulturele vriendskappe in soveel as moontlik lande te smee sodat daar veral ʼn groter bewustheid van Suid-Afrika se diversiteit geskep kan word. “Terwyl ons in alle internasionale skakeling Suid-Afrika se enorme uitdagings van swak regering, korrupsie, misdaad en die Afrikaners se unieke belewenis van Suid-Afrika oordra, maak ons dit ook duidelik dat Suid-Afrika ʼn land van ongekende geleenthede is en dat die land nie afgeskryf moet word nie. Ons bevorder dus vriendskap, eerder as om net buitelandse kritiek en druk te probeer ontlont.” Verdere doelwitte sluit in die bevordering van sake-geleenthede, akademiese samewerking, uitruiling van landboukennis en -tegnologie en kulturele projekte om groter bewustheid van die twee streke  se kulturele verskeidenheid te skep.

Die Beweging beplan veral om deur die nuutgestigte vereniging sakegeleenthede vir sy lede in Hongarye te help ontgin sodat lede van die Beweging hul internasionale bedrywighede kan diversifiseer. “Ons het tydens ons besoek ook met verskeie universiteite, akademici en politici wat akademiese beleid beïnvloed, vergader met die doel om ons eie opleidingsinstellings, insluitende Akademia en Sol-Tech, se internasionale bande te versterk. Ons verwag baie goeie samewerking oor die volgende paar jaar tussen ons instellings en universiteite in Hongarye. Die Beweging se planne om binnekort met landbou-opleiding te begin, sal ook ʼn hupstoot kry met samewerking uit Hongarye. Verder beplan ons om met die hulp van groepe in Hongarye meer studente uit Suid-Afrika te stuur om met spesiale beurse in Hongarye te gaan studeer.”

Die Beweging se afvaardiging na Hongarye het bestaan uit Kleynhans, dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, Werner Human, operasionele bestuurder van die Beweging, Ernst Roets, hoof van beleid en aksie van AfriForum, en Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest