Die krisis wat ons vandag in die gesig staar, is dat 73% van jong Afrikaners  nie ’n universiteitskwalifikasie sal verwerf nie, en dat slegs 27% van jong Afrikaners universiteit toe gaan.  Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum fokus daarom op die verbreking van armoede onder Afrikaners deur behoeftige jongmense in staat te stel om te kan studeer deur middel van ’n unieke model van rentevrye studielenings.

Tans administreer ons meer as 200 onafhanklike studiefondse. Ons het oor die afgelope 11 jaar ’n totaal van R238 miljoen aan sowat 6 300 behoeftige studente betaal.

Ons droom is eenvoudig: dat elkeen wat wil, moet kan studeer. Kom help ons bou.

Besoek ons gerus: https://helpendehand.co.za/studiefondssentrum/.

Pin It on Pinterest