Leesvordering:

Solidariteit wen minagting saak teen HPCSA oor toelatingseksamen vir dokter

Jun 29, 2022

Solidariteit het ʼn saak van minagting van die hof teen die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) gewen nadat dié liggaam toegang tot die toelatingseksamen aan een van Solidariteit se lede geweier het. Dit volg nadat, nou dr. Igme Strauss, in Roemenië by ʼn internasionaal geakkrediteerde universiteit afgestudeer het, maar die toelatingseksamen deur Suid-Afrikaanse owerhede geweier is.

Volgens Solidariteit is die kwessie van haar registrasie om die toelatingseksamen af te lê en as mediese dokter in Suid-Afrika te kwalifiseer al verlede jaar deur ʼn hofbevel opgelos, maar die bevel is deur die HPCSA geminag. Verdere regstappe het haar wel nou toegang tot die eksamen verseker.

“Ten tye van ʼn volslae mediese krisis wat aan ʼn tekort van mediese dokters en personeel toegeskryf kan word, en wat die regering intussen met Kubaanse dokters probeer toestop het, het die HPCSA dit goed gedink om ʼn gekwalifiseerde Suid-Afrikaner se drome en moontlike bydrae tot ons gesondheidsorgstelsel te kelder. Dis ook ironies om te noem dat een van haar medestudente wel kon registreer en die eksamen kon skryf, maar sy nie,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.

Aldus dié hofbevel moes dr. Igme Strauss al in September 2021 haar toelatingseksamen kon aflê. Ten spyte hiervan het die HPCSA hulself aan minagting van die hof skuldig gemaak, en moes Solidariteit eers dreig met verdere regstappe voordat daar aan dié hofbevel gehoor gegee is.

“Die kruks van die saak kom na vore as ʼn mens in ag neem dat die HPCSA ʼn internasionaal geakkrediteerde universiteit se kwalifikasie vir een student in twyfel trek, maar nie vir ʼn ander nie. Dit is nie net onregverdig nie, maar ongehoord dat die Suid-Afrikaanse mediese sektor nie plek het vir ʼn gekwalifiseerde Suid-Afrikaner nie. Die Johannesburgse hooggeregshof het reeds in Desember 2020 beslis dat studente soos me. Strauss toelatingseksamens mag skryf, maar die HPCSA blameer administratiewe tekorte en rompslomp vir sy nalatige optrede in dié verband,” verduidelik Van der Bijl.

Solidariteit voer verder aan dat daar in die lig van die huidige stand van sake in die mediese bedryf eenvoudig nie plek is vir sulke uitsluitende, meerderwaardige optrede nie. Dit is weereens bewys dat argaïese burokrasie in die pad van vooruitgang staan, eerder as om dit in ʼn tyd van nood te help fasiliteer.

“Ons kort dokters in Suid-Afrika, ons kort Suid-Afrikaanse dokters, en hulle is hier – gereed om te praktiseer. Die regering se antwoord op ʼn mediese krisis bly egter om R250 miljoen aan buitelandse dokters te bestee eerder as om diegene wat ons reeds het te bemagtig om hul werk te doen. Hierdie beslissing stuur ʼn duidelike boodskap dat daar eenvoudig nie meer tyd of plek vir rompslomp in die mediese sektor is nie,” sluit Van der Bijl af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest