Leesvordering:

Spaarwiel: Skop jou verbruikerskuld pale toe – Deel 1

Mar 4, 2022

Deur Eduan Kruger van Spaarwiel

Spaarwiel is ’n podsend wat finansiële onafhanklikheid, persoonlike finansies, en spaar- en beleggingsgeleenthede bespreek. Hierdie podsend word deur Eduan Kruger aangebied waarin hy met gewone mense asook spesialiste oor persoonlik finansies en finansiële onafhanklikheid gesels.

Kategoriseer en verstaan die impak

Skuld … ’n Ding wat niemand graag teen hul naam wil hê nie. Steeds is dit iets wat die meeste van ons nie kan vermy in een of ander stadium van ons lewe nie.

Dit is wel belangrik om te onderskei tussen 1, slegte skuld (dit word meestal geassosieer met luukshede en hierdie skuld het ook hoë rentekoerse) en 2, ‘beter’ skuld (skuld wat gebruik word om produktief aan jou welvaart te bou). ’n Huislening kan bv. in baie gevalle onder dié kategorieë val.

Ons staan veral dan nou eers stil by die slegte verbruikerskuld. Verbruikerskuld wat basies gemaak is omdat ons ‘vandag se lekkerkry met more se inkomste wil finansier’ en as gevolg daarvan, word ons dan gedwing om ‘oormôre weer eergister se lekkerkry af te betaal’ … Gevolglik maak ons nie vordering met ons persoonlike finansies nie … Maak dit sin?

Daar is ’n paar dinge wat ons in ag moet neem as dit kom by skuld, sodat ons die impak van verbruikerskuld op ons beursies, emosies en tyd kan beperk – en later vermy.

Kategoriseer jou skuld:

Skuld is soos ’n persoon met meerdere identiteite. Dit kan onder andere as ’n huisverband, studielening, klererekening, kredietkaart- of voertuigskuld of self mediese rekeninge en/of ander skuld voorkom. Maak nie saak hoeveel kategorieë ons vir skuld skep nie, die een ding wat almal in gemeen het, is dat dit die potensiaal het om ’n geestelike, emosionele en finansiële las op ons lewe te plaas.

Besef watter impak skuld op die bedrag het wat jy kan spaar:

Skuld maak alles behalwe ’n positiewe bydrae tot jou reis na finansiële onafhanklikheid en die tyd wat jy beskikbaar het om daar uit te kom. Hoe meer jy van jou maandelikse inkomste moet gebruik om skuld af te betaal hoe kleiner sal jou ‘spaarkoers’ of ‘spaarpersentasie’ wees (inkomste minus uitgawes = potensiële spaarkoers).

Geleentheidskoste van skuld t.o.v. belasting:

Behalwe dat skuld jou spaarkoers verlaag, het die meeste skuld ook geen belastingvoordeel vir jou nie, want skuld word betaal met ná-belastinggeld.

Indien iemand skuld afbetaal met hul salaris, betaal die persoon sy skuld af met geld waarop hy reeds belas is. Waar dieselfde persoon – indien die persoon geen verbruikerskuld het nie – effektief eerder met voorbelastinggeld kon prioritiseer om ’n groter bydrae tot sy/haar aftreefonds te maak, wat in Suid Afrika (en vele ander lande) wel ’n inkomstebelastingvoordeelkomponent het.

Dus, skuld word eenvoudig betaal met jou kosbare ná-belastingrande en sonder verdere belastingvoordele. Dit is so goed iemand skop jou gelyktydig op jou regter- en linkerskeen. Eina…

Meer oor die outeur

Eduan Kruger

Spaarwiel is ’n podsend wat finansiële onafhanklikheid, persoonlike finansies, en spaar- en beleggingsgeleenthede bespreek. Hierdie podsend word deur Eduan Kruger aangebied waarin hy met gewone mense asook spesialiste oor persoonlik finansies en finansiële onafhanklikheid gesels.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest