Leesvordering:

Spoegwolf gaan Australië en Nieu-Seeland rock in eksklusiewe konserte

Jan 19, 2024

Spoegwolf, die gewilde Afrikaanse rockgroep, betree met groot opwinding weer die internasionale verhoog met ’n reeks konserte in Australië en Nieu-Seeland. Afrikaanse musiekliefhebbers in Nieu-Seeland en Australië kan uitsien na ’n onvergeetlike ervaring wanneer Spoegwolf binnekort hul kenmerkende klank na Auckland, Brisbane, Sydney, Melbourne en Perth bring.

Die konserte is moontlik gemaak deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd. Hierdie konserte bied ’n unieke geleentheid vir Suid-Afrikaners in die buiteland om ’n stukkie van hul kultuur en musiek te geniet met ’n tikkie heimwee.

Spoegwolf, wat bekend is vir hul treffende lirieke en kragtige verhoogoptredes, het nie net lojale aanhangers in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd!

Die amptelike toerdatums is:

SA Events en AfriForum Wêreldwyd is verheug om hierdie toer te ondersteun en sien dit as ’n manier om die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die buiteland bymekaar te bring.

“AfriForum Wêreldwyd tree met trots op as die borg vir hierdie spesiale konsertreeks. Ons sien daarna uit om die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Nieu-Seeland en Australië byeen te bring vir ’n onvergeetlike reeks konserte. Ons is toegewy aan die skep van geleenthede waar ons mense in die buiteland saam kan kom, in voeling kan bly met hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum se hoof van Diaspora.

Volgens Arno Nel, eienaar van South African Events en organiseerder van hierdie reeks musiekvertonings, is South African Events verheug om dié talentvolle rockgroep na Australië en Nieu-Seeland te neem. “Ons is trots daarop om hierdie musikale hoogtepunt aan te bied en is vasbeslote om ’n onvergeetlike ervaring vir die gehore te skep,” sê Nel.

Vir meer inligting oor Spoegwolf se toer, kaartjieverkope en ander relevante inligting, besoek gerus South African Events se webtuiste, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie en op hoogte bly van ander byeenkomste in die buiteland!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest