Dié fees word gehou ten bate van Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-projek.

Dit behels ’n wonderlike familienaweek propvol opwindende aktiwiteite, waaronder boeresport, vermaak, hengel, ’n potjiekoskompetisie en nog vele meer.

Bring ook sakke vol kleingeld, want ons beplan ’n muntlegging en elke sent tel.

Vir meer inligting oor die #StopHonger-projek, besoek gerus https://helpendehand.co.za/stophonger/.

Raak vandag nog betrokke en help ons om daagliks ’n bord gesonde kos aan meer as 8 000 kinders te gee.

Billike pryse, asook enige skenkings is welkom.

Ons bedank graag al ons ondersteuners: Die Strandloper Radio, Bank Angler Australia, Wêreldwyd en Solidariteit Helpende Hand.

 

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest