Leesvordering:

Rubriek: Struikelblokke om na Suid-Afrika terug te keer

Aug 13, 2019

’n Peiling onder Wêreldwyd-lesers het die volgende inligting opgelewer:

  • Altesaam 35% het aangedui dat hulle net tydelik na Suid-Afrika sal terugkeer vir byvoorbeeld vakansies.
  • Ongeveer 24% het aangedui dat hulle nie beplan om terug te keer nie. Dieselfde persentasie het aangedui dat hulle na Suid-Afrika wil terugkeer, terwyl 17% aangedui het dat hulle wel ’n behoefte het om terug te keer, maar dat persoonlike omstandighede verhoed dat hulle dié keuse kan uitvoer.

Finansiële sake, werkverskaffing, die invoer van goedere en troeteldiere, en die evaluering van buitelandse kwalifikasies bly struikelblokke vir emigrasie, om maar net ’n paar te noem.

Burgerskap aangeleenthede kan ook ’n struikelblok wees. Dit kan gebeur dat Suid-Afrikaners onwetend hul burgerskap verloor het.

Is jy finansieel stabiel om die korttermynnadele te oorkom?

Emigrasie is sonder twyfel ’n duur affêre, ook as jy na Suid-Afrika toe terugkeer.

Het jy jou troeteldiere se toekoms ook oorweeg? Die eerste ding wat jy jouself moet vra, is of jy hulle wil agterlaat of wil saamneem. Indien jou diere die groot trek moet meemaak, moet jy seker maak dat jy dit kan bekostig!

Mediese fondse

’n Mediese fonds gaan jou nie net ’n maandelikse premie kos nie, maar ook ’n aanvullende heffing as jy vir langer as ’n jaar nie aan ’n Suid-Afrikaanse fonds behoort het nie.  ’n Mens moet dus finansieel seker wees van ’n goeie en volhoubare inkomste ná jou terugkoms.

Waarna verlang die meeste Suid-Afrikaners terug?

  • Natuurlik eerste hul geliefdes. Die realiteit is dat grootouers verhoudings met kleinkinders via Skype en sosiale media bou en handhaaf.
  • Taal, kultuur en kos.
  • Braai is deel van die Suid-Afrikaner kultuur. In jou nuwe tuiste kan jy nie sommer by iemand se huis gaan braai nie; jy moet weke vooruit bespreek, en dan is jy gelukkig as iemand jou na hul huis toe uitnooi. Ontmoetings vind dikwels in resturante plaas. Baie vriende weet nie eers hoe lyk mekaar se huise nie.
  • Werksetiek.
  • Gehaltebeddegoed en -meubels, om maar net ’n paar te noem.

Redes vir emigrasie

Hoë misdaadvlakke is die grootste rede waarom persone emigreer.
Ander redes sluit in:

  • Beperkte werksgeleenthede.
  • Die onsekere politieke klimaat in Suid-Afrika, soos nou met onteining van eiendom.
  • Belasting, swak munisipale dienslewering – alles speel ’n gewiste

Suid-Afrikaners is opsoek na sekuriteit en stabiliteit.

 

Kry hier nog raad:
Besoek Wêreldwyd se webtuiste by www.wereldwyd.co.za. Jy kan ook inteken op die Kollig-nuusbrief en só op hoogte van migrasiesake bly.

Stuur voorstelle en versoeke na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest